Leeuwenhof Akademie – Voorskool:
Welkom by Leeuwenhof Akademie Voorskool. Hier beleef ons elke dag as ‘n ontdekkingsgeleentheid om te LEER deur SPEL! ‘n Spelende kleuter is ‘n gelukkige kleuter!
Ons gebruik ‘n verrykte kurrikulum wat wetenskaplik beproef en progressief en ouderdomstoepaslik ontwikkel om kleuters voor te berei op formele onderrig.
Spel vorm ‘n noodsaaklike deel van leer en ontwikkeling en deur spel word ons kleuters holisties ontwikkel in die volgende aspekte:
Geestelik
Emosioneel
Perseptueel
Sosiaal
Kognitief
Taalkundig
Motories
Hierdie aspekte vorm die grondslag vir die voorvaardighede vir geletterdheid en gesyferdheid wat in Gr. 0 gevestig word met die Nasionale Kurrikulum as riglyn sodat kleuters met gemak kan leer lees, skryf en wiskundige berekeninge doen wanneer hulle formele onderrig betree.
Kleuters word deurlopend geassesseer en vorderingsverslae word een maal per termyn voltooi en met ouers bespreek.
Kundige ondersteuning is beskikbaar in die vorm van terapeute wat op die perseel werksaam is.
360 Virtuele besoek aan ons Skool
Dagprogram:
07:00 Aankoms
08:15 Skooldag begin!
Opening, gebed en register.
08:45 Gerigte aktiwiteite
Persepsie, Wetenskap, Taal, Wiskunde
09:15 Vryspel binne
Kunsaktiwiteite, Bak en Brou, Konstruksieapparaat, Fantasiespel, Boekhoekie ens.
10:15 Opruimtyd en Verjaarsdagkring
10:35 Toiletroetine en Verversings
11:00 Vryspel buite
Sandspel, Modderspel, Waterspel, Klim-en-klouter, Wielspeelgoed, Hindernisbane ens.
12:05 Opruimtyd
12:15 Gerigte aktiwiteite
Musiek, Beweging, Persepsie, Wiskunde, Opvoedkundige speelgoed
12:30 Storietyd!
Realistiese verhale, Fantasieverhale, Bybelverhale, Poppespel ens.
13:15 Middagverversings
13:30 Buitemuurse aktiwiteite begin
14:00 Middagprogram begin
15:55 Busmaats word na busse vergesel
16:00 Naskoolprogram tree in werking
17:45 Almal vertrek na ‘n besige dag by die skool!
Welpierugby word deur ouerafrigters vir Gr.0 seuns aangebied tydens die rugbyseisoen.
Al ons kleuters neem jaarliks deel aan ons eie interne kunswedstryd met kunswerke wat in die klasse gemaak word en by die skool uitgestal word. ‘n Kundige in die gebied van kinderkuns beoordeel die stukke volgens die kleuter se ouderdom en ontwikkelingsvlak en elke kleuter ontvang ‘n sertifikaat en medalje.
Gr.0 leerders kry die geleentheid om deur die skool ingeskryf te word vir kunswedstryde waar ouderdomstoepaslike versies voorgedra word.
Buitemuurse aktiwiteite is beskikbaar teen ekstra koste as ‘n aanvulling tot die dagprogram wat reeds al die areas van ontwikkeling dek.
Buitemuurse aktiwiteite vir 2021:
Aktiwiteit: | Aanbieder: | Telefoonnr: | Tyd: | Kostes: |
---|---|---|---|---|
Intro Golf | Phillip v d Merwe | 083 468-0222 | Maandag: 13:30 Dinsdag: van 07:30 (Oggend) |
R150 Registrasie R650 per termyn |
Dance Mouse Ballet |
Bea van Wyk | 082 873 5130 | Maandag: Gr. 000 – 13:00 Gr. 00 – 13:30 Gr. 0 – 14:00-14:30 Woensdae: 13:00 – 13:30 |
R180 Registrasie R840 per termyn |
Tennis | Jean | 084 457 2732 | Maandag (Oggend) 07:45 – 08:30 |
1ste Kind: R1100 per termyn 2de Kind: R1000 per termyn |
Acts Music Kidz | Luzelle van Zyl | 072 781 6838 luzelle.acts@ gmail.com |
Dinsdag 07:45 – 08:15 |
R240 per maand x 10 maande |
Tiny Twisters Tumbling |
P. Holroyd | 082 930 7526 Priscillaholroyd77@gmail.com |
Dinsdag van 13:30 af | Registrasie R160 R170 per maand |
Kinderkinetika | Heide-Mérie Verster | 082 067 0909 | Woensdag van 13:30 af |
R100 Registrasie R180 p/m of R1800 p/j |
Experi-Maatjies Wetenskap |
Lee-Ann Stander | 079 070 6530 leeann@experi.co.za |
Donderdag van 13:30 af Vrydag van 13:15 |
R750 p/termyn |
Hokkie & Netbalpoppies Gr. 00 en 0 |
Vanessa Viljoen | 083 660-4707 | Vrydag van 08:15 af (Oggend) | Registrasie R220 R220 p/m Feb tot Nov (10x maande) |
Sport Fanatix Rugby Korrek |
Dawid Grobler | 081 575 2682 | Vrydag van 08:15 af (Oggend) | Registrasie R220 R220 p/m Feb tot Nov (10x maande) |
Welpierugby Gr. 0 |
Hanlie Kriel Johann Pretorius |
084 504 6920 083 271 8281 |
Apr tot Jun | Dins – Don 13:00 tot 14:00 Saterdae – Wedstryde |
Geen (Rugby Truitjie) |
Skaak – Gr. 0 |
Alnerio | 084 301 3932 | Woensdag: 14:00 – 15:00 |
Geen |
Ons voorskool is altyd aan die gang en ons spog graag oor ons nuus en aktiwiteite:
Voorskool: Instappie
Voorskool: Instappie Die Welpies is elke jaar ongelooflik opgewonde wanneer die honde kom kuier! Oom Lloyd het ons kleuters mooi geleer hoe ons met ons hondjies tuis moet werk en wat ons kan gebruik [...]
Koekeloer by ons Voorskool
Koekeloer by ons voorskool: Ons hier by Leeuwenhof Akademie se Voorskool is trots op die verskeie, opvoedkundige aktiwiteite wat ons aanbied. Hier is ons ook nie bang om tegnologie te benut om [...]
Spreker: Dr. Melodie de Jager
Spreker: Dr. Melodie de Jager: Die Voorskool was baie bevoorreg om 'n legende in kinderontwikkeling by ons skool te verwelkom om met ons ouers te kom gesels oor die gevare van formele onderrig by [...]
Wetenskap-instappie
Wetenskap-instappie: Wetenskap is wonderlik!Nagemaakte sneeu en borrels vol rook is net 'n paar van die eksperimente wat die Welpies geniet het met ons lekker instappie! [...]
Water- en waatlemoenfees
Water- en waatlemoenfees: Die Welpies het vandag baljaar en met elke sintuig iets ervaar! Die reuk en smaak van suikersoet waatlemoen, die gevoel van koel water op hande en voete en die klank van [...]
Eerste skooldag 2020
Eerste skooldag 2020: Wanneer die skoolgebou na ‘n lang stilte gevul word met opgewonde kinderstemmetjies wat lag en gesels kan dit net een ding beteken, die vakansie is verby! Die Voorskool verwelkom elke kleuter [...]
Ons Personeel: