Ons leer oor Paasfees:

Juffrou Hanlie het die betekenis van Paasfees op ‘n wonderlike wyse aan ons kleuter
verduidelik met die hulp van vyf gekleurde eiers!
– Die bruin eier het ‘n hartseer hartjie op en simboliseer ons harte wat vol sonde is
– Die rooi eier het ‘n kruis op en verteenwoordig Christus wat aan die kruis gesterf het
– Die wit eier het ‘n gelukkige gesiggie op en wys dat ons harte skoongewas is van sonde te danke aan Jesus se opoffering
– Die geel eier het ‘n kroon op en wys dat Jesus nou die koning van ons harte is
– Die groen eier met ‘n plantjie op verteenwoordig hoe ons nou kan groei in God se liefde

Onlangse Bydraes

Nuutste kommentaar

    Kategorieë

    Onlangse Bydraes