Die Laerskool is ‘n bakenskool in ‘n snel veranderde wêreld en spog met dinamiese personeel wat streef na uitnemendheid op alle terreine. Deur harde werk, gebede en die strewe na uitnemendheid slaag ons as skoolgemeenskap daarin om ‘n geborge, veilige omgewing te skep waarin elke leerder kan ontwikkel. In ons klein opvoedingskring is daar plek vir elke leerder met sy /haar eie talente en vermoёns en kan elkeen sy /haar eie ideale bereik en drome najaag. Elkeen is ‘n individu wat die geleentheid gegee word om te ontwikkel binne ‘n geborge omgewing. Elkeen se naam en persoonlikheid lê ons na aan die hart en word gekoester. Binne ‘n gesonde dissiplinestelsel, individuele aandag en motivering slaag ons daarin om kompeterend te wees en elkeen te help om hul volle potensiaal te bereik.


Akademie:
In die Laerskool volg ons die Nasionale Kurrikulum, maar werk verrykte temas en werkstukke by om ons leerders deeglik voor te berei ten op sigte van die eise wat die IEB en universiteite stel rakende kennis, insig en toepassing. Die onderrigtaal is Afrikaans en Engels word vanaf Gr. 4 op Eerste Taal vlak aangebied.


Verrykte onderrig sluit in:
- Moderne, goedtoegeruste Multimedia-Inligtingsentrum
- Moderne Wetenskaplaboratorium
- Leessentrum met aanvullende leesprogramme
- Musieksentrum: – Tromme, – Marimbas, – Viole, – Kitaar, – Sang, -Klavier, – Blokfluite en Elektriese tromme
- Robotics
- Eksperimaats
- Tegnologie in al die lokale
Graad 1 | Graad 2 | Graad 3
- Afrikaans
Luister en praat
Lees en klanke
Skryf en handskrif
Gebruik van die Multimedia – Inligtingsentrum en Interaktiewe witborde
Zoeloe vanaf Graad 3
Reading Rocket - Wiskunde
Getalle, bewerkings en verwantskappe
Patrone, Funksies en Algebra
Ruimte en Vorm
Meting
Datahantering
Gebruik van die Meting Multimedia – Inligtingsentrum en Interaktiewe witborde. Die Fokus word gehou op basiese getalbegrip en praktiese uitvoering van meting. - English
Listening and speaking
Reading and phonics
Writing and handwriting
Thrass spelling programme - Lewensvaardigheid
Aanvangskennis
Persoonlike- en Sosiale Welsyn - Skeppende kunste:
Musiek en visuele kuns - Addisioneel – Wat maak ons anders?
Liggaamlike ontwikkeling en beweging – L.O
Wenners in Jesus en Familiegroepe
Klasmusiek – Blokfluit vanaf Graad 3
Kuns vanaf Graad 1
Skaakperiodes vanaf Graad 2
Ondersteuningsklasse
Deelname aan WOW spelfees vanaf Graad 1 - Leerondersteuningsentrum:
Spraakterapie
Arbeidsterapie
Taalterapie en Remediërende Onderwys
Opvoedkundige sielkundige
Graad 4 | Graad 5 | Graad 6
- Afrikaans Eerste Taal
- Engels Eerste Taal
- Wiskunde
- Geïntegreerde Studies
- Algemene Wetenskap
- Lewensvaardighede
Kuns
Musiek
L.O - Zoeloe
- Wenners in Jesus en familiegroepe
- Media – Integrering
- Reading Rocket
- Skaakperiode
Graad 7
- Afrikaans Eerste Taal
- Engels Eerste Taal
- Wiskunde
- Geïntegreerde Studies
- Algemene Wetenskap
- Sakestudies
- Lewensvaardighede
Kuns - Wenners in Jesus en familiegroepe
- Reading Rocket
- Leiersontwikkeling
- Skaakperiode
Sport:
‘n Verskeidenheid sportsoorte word aangebied by die Laerskool. Ons streef na uitnemendheid. Ons fokus op die diversiteit van die leerders en ook om die leerder se volle potensiaal te ontdek en te ontwikkel.
Kultuur:
Leeuwenhof Akademie bied ‘n mengelmoes van kultuuraktiwiteite aan. Die fokus word op die totale ontwikkeling van die kind geplaas. Karakter- en vaardigheidsontwikkeling, geleenthede en blootstelling vorm deel van die doelwitte van die Kultuurdepartement.
Die kultuurpot van die skool borrel met die volgende aktiwiteite:
Musieksentrum

Verskaf onderrig teen addisionele koste in die volgende dissiplines:
- Klavier
- Viool
- Blokfluit
- Kitaar
- Klawerbord
- Vokaal
- Musiekteorie
Die musieksentrum bied ook jaarliks ‘n “Snuiter Simfonie Konsert” optrede aan, in samewerking met ‘n simfonie-orkes.
Kultuur Aktiwiteite:

Die volgende aktiwiteite word by die laerskool aangebied:
- Juniorkoor (Gr. 1 tot 3)
- Seniorkoor (Gr. 4 tot 7)
- Marimba Orkes (Gr. 4 tot 7)
- ATKV-Redenaars (Interne – , Streek – en Nasionale deelname,
Spelkompetisie, Spanredenaars)
Redenaars

Koor

Nuus:
Laerskool: Toneelgroep
Laerskool: Toneelgroep Dit is met groot trots en blydskap dat ons die volgende berig plaas van ons Laerskool Toneelgroep: Die Ramkatte is aangekondig, by vandag se finale rondte, as die Op Die Planke Toneelfees [...]
Laerskool Krieket
Laerskool Krieket: Jaydan Benecke is gekies vir die Eastern Gauteng o/11A krieketspan wat in Desember in Witrivier aan ‘n toernooi deelgeneem het.
Ons Personeel:
Intermediêre Fase
Junior Fase