
In kinders bou ons ´n toekoms
Leeuwenhof Akademie bied u kind die geleentheid aan om te groei vanaf die preprimêre fase, tot die einde van sy skoolloopbaan.
Welkom by Leeuwenhof Akademie se webblad.
Dié Afrikaanse Christelike Privaatskool in die Oos-Rand wat strewe na ‘n kultuur van omgee, hoë standaarde, tradisies, uitnemende prestasies en suksesse. Waar elkeen UNIEK is, elkeen ‘n WENNER is en leerders ons leuse van ONTDEK kan uitleef op akademiese, sport, kulturele en sosiale geleenthede.
Leeuwenhof Akademie STREEF na sukses met die maatstaf van ons vier pilare: Belydenis van geloof, Akademiese Uitnemendheid, voortreflike buitemuurse aktiwiteite asook professionaliteit aan ons gemeenskap. U kind se opvoeding is ‘n langtermynbelegging, ons fokus is totaliteitsontwikkeling met balans. Gewone onderwys met ‘n buitengewone opvoedingservaring.
Lees verder en kom besoek ons, ‘n lewensveranderende uitdaging! Onderwys met ‘n andersheid!
ONS PILARE
