(011) 622 1806/7 |Kantoorure: 08:00 - 16:00 | E-pos

Wetenskap en Wiskunde Ekspo

Wetenskap en Wiskunde Ekspo:

Logiese redenering, probleemoplossing en die vermoë om kreatief te kan dink het behoorlik geseëvier tydens die Wetenskap & Wiskunde Ekspo by Leeuwenhof Akademie, ‘n privaatskool in Bedfordview, wat plaasgevind het op 16 Mei 2019. Gedurende hierdie opvoedkundige geleentheid, in samewerking met die NWU se Ingenieursfakulteit, is die skool behoorlik omskep in ‘n Wetenskaplik-Wiskundige uitstalruimte waar elke kind die Einstein of Archimedes in homself kon ontdek.

Dié “atmosferiese ruimte” het omtrent tot die mag drie vibreer met verskeie besoekende skole vanuit die omgewing. Leerders vanaf gr 000 – gr 9 kon aan die ekspo deelneem deur self ’n meesterstuk te ontwerp en uit te stal.  Die top 5 wetenskaplikes in elke graad is vereer met ‘n pragtige medalje. Die hoë standaard van hierdie uitstallings het die taak van die eks-terne beoordelaars aansienlik bemoeilik.

Carools Schobart, ‘n chemiese ingenieur van Noordwes Universiteit, was die gasspreker van die dag wat met sy tema: “Ons land het jou nodig”, ekstra energie in die voornemende ingenieurs se are geblaas het. Die kundigheid van vyf Leeuwenhof Akademie ouers (almal  vanuit verskillende Ingenieursvelde) is op verskeie kreatiewe wyses in die dag geploeg. Die uitstalling van modelvliegtuie deur Dion van Rooyen, het behoorlik verbygangers soos bye na ‘n heuningkoek gelok. Aanvullend tot die ekspo het ’n groep  graad 11  leerders, wat belangstel in ingenieurswese as  loopbaan,  ook die NWU se ingenieursdepartement en spogkampus besoek. Aan die einde van die opwindende ekspo- ervaring was die “wetenskaplikes” maar traag om met hul brandstof-aangedrewe voertuie terug te keer huistoe.

Die Wetenskap-Wiskunde Ekspo, ‘n inisiatief onder leiding van die skool se Uitvoerende Hoof, mnr Johan Bezuidenhout en sy personeel, het beslis die woorde van die Wetenskaplike Einstein bevestig; “Imagination is more important than knowledge…”

Ons dank ook aan AfriForum, Jurgens Bekker Prokureurs en Essie Esterhuysen wat uitgereik het om hierdie opvoedkundige ontwikkeling moontlik te maak.

Onlangse Bydraes

Nuutste kommentaar

    Kategorieë

    Onlangse Bydraes

    2019-06-03T10:05:31+00:00

    Onlangse Nuus

    Kontak ons:

    H/V Geldenhuis- en Antonstraat Bedfordview

    Tel: (011) 622 1806/7

    Faks: (011) 622 1679

    Web: www.leeuwenhof.co.za