WêRELDKENNIS OLIMPIADE TOP PRESTEERDER

Die jaarlikse Nasionale Wêreldkennis Olimpiade waaraan Leeuwenhof se Graad 6 en 7 leerders vanjaar vir die vyfde keer deelgeneem het, het vanjaar op 17 Mei plaasgevind. Leeuwenhof is ontsettend trots op Ian Wessels in Graad 6, wat saam met 3 ander leerders landswyd in die vierde plek met 80% geëindig het. Baie geluk aan Ian met sy prestasie. Hy het ook saam met sy sertifikaat ‘n boekprys gewen. Ian vertel dat hy sy bo-gemiddelde algemene kennis verwerf deur sy skoolwerk, deur feiteboeke te lees, op die internet rond te snuffel en deur met mense te gesels.