Johann du Toit

Johann du Toit. Oud Leeuwenhof Adjunkhoof van 2012. Johann het twee Goue medaljes gewen in sy ouderdomsgroep by die SA Masters vir Diskus en Gewigstoot. Hy  kwalifiseer vir SA Kleure in beide in sy nuwe ouderdomsgroep.  

Johann du Toit2022-05-23T14:10:52+02:00

Hoërskole S.A. Atletiek Kampioenskappe

Hoërskole S.A. Atletiek Kampioenskappe       Baie geluk aan Clarissa en Megan wat puik presteer by die S.A. Atletiek Kampioenskappe. Clarissa behaal 'n 1ste plek in diskus en 'n 3de plek in die gewigstoot. Megan slaag daarin om 1ste te eindig in die 100m, 200m en aflos. Ons is baie trots op julle!

Hoërskole S.A. Atletiek Kampioenskappe2022-05-03T23:53:46+02:00

Leeuwenhof wen die Interhoër!

Leeuwenhof wen die Interhoër! Met die atletiekseisoen wat moeilik afgeskop het, met byeenkomste wat uitreën slaag die die hoërskool daarin om die Interhoër te wen. Dié prestasie is ook in 2016 behaal. Leeuwenhof is as algehele wenner aangewys en die volgende atlete wen die onderskeie  trofees: Beste Junior Baanatleet Seuns: Dillon Scheepers Beste Junior Baanatleet Dogters: Megan Lategan Beste Senior Veldatleet Dogters: Clarissa Le Roux                 Senior Victrix Ludorum: Luane Vermeulen

Leeuwenhof wen die Interhoër!2022-05-03T23:52:01+02:00

WAT DOEN JOU KIND SE OOR MET DIT WAT HY HOOR?

Normale gehoor is noodsaaklik vir normale taal- en spraakontwikkeling vanaf die dag wat ‘n kind gebore is.  Daarom word gehoorsifting sterk aanbeveel tydens mamma en baba se verblyf in die hospitaal na die geboorte.  Indien ‘n gehoorverlies geïdentifiseer is en intervensie plaasvind tussen 6 en 9 maande oud, is die moontlikheid groot dat die baba dieselfde taal- en spraakuitkomste sal hê as horende kinders.  In ontwikkelde lande is die prevalensie van gehoorverlies 3 uit 1000 babas [3], in Suid-Afrika is die prevalensie 6 uit 1000 babas weens die tekort aan dienste in landelike gebiede [1,2]. Normale ouditiewe prosessering is nodig as [...]

WAT DOEN JOU KIND SE OOR MET DIT WAT HY HOOR?2022-05-03T22:30:34+02:00

Emosionele mederegulering

Deur Dr. Elzette Fritz – Opvoedkundige sielkundige Elke ouer is sekerlik al gekonfronteer met ‘n skreeuende, skoppende kind wat alle oë in ‘n winkelsentrum soos ‘n magneet aantrek. Volpunte vir die ouer wat oor die supermag beskik om kalm, rustig en bedaard die vulkaniese oorvloei van emosies gade te slaan en ‘n veilige ruimte vir ‘n kind te skep sonder dat die kind skade aanrig aan die omgewing of die self. So ‘n ouer het moontlik self ‘n liefdevolle verbintenis met ‘n betekenisvolle volwassene as kind ervaar, moontlik beperkte trauma ervaar en/óf baie geld op terapie spandeer ten einde kapasiteit te [...]

Emosionele mederegulering2022-05-03T22:22:51+02:00

Mamma/Pappa weet die beste…

Mamma/Pappa weet die beste…of dalk nie….: Tong-in-die-kies lesse rakende ouerskapstyle soos uitgebeeld in Disney en Pixar kinderrolprente Watter tipe ouers, of ouer, stuur hul dogtertjie om alleen deur die woud vir ouma eetgoed te neem? Dalk was die ouers te besig met werksaangeleenthede en om kop bo water te hou dat hulle maar in goedertrou vir Rooikappie na ouma gestuur het. Miskien het hulle gedink sy sal meer onafhanklikheid sodoende aanleer want in hul tyd is kinders op ‘n vroeë ouderdom met volwasse verantwoordelikhede grootgemaak en aan hul eie lot oorgedra. Dit is dus te [...]

Mamma/Pappa weet die beste…2021-10-04T20:13:41+02:00

Kinders en kleuters moet beweeg??

Hoekom moet kinders en kleuters beweeg?? Die Vestibulêre sisteem: Dit ontwikkel 12-14 weke na bevrugting en het die grootste invloed op alle mense se alledaagse lewens. Die sisteem is in die binne oor geleë en speel ‘n rol in alle bewegings en balans aktiwiteite van die liggaam. Vir die sentrale senuweestelsel om so te ontwikkel om hoër kognitiewe funksies (breinfunksies) te verrig  met goeie motoriese beplanning moet die vestibulêre sisteem goed ontwikkel wees en reg werk. 2 Propriosepsie: Dit is die reseptore in die spiere,gewrigte en bene wat mens bewus maak van jou [...]

Kinders en kleuters moet beweeg??2021-10-04T20:13:48+02:00

Onlangse Nuus

Kontak ons:

H/V Geldenhuis- en Antonstraat Bedfordview

Tel: (011) 622 1806/7

Faks: (011) 622 1679

Web: www.leeuwenhof.co.za

Go to Top