Spreker: Dr. Melodie de Jager:

Die Voorskool was baie bevoorreg om 'n legende in kinderontwikkeling by ons skool te verwelkom om met ons ouers te kom gesels oor die gevare van formele onderrig by die voorskoolse kind! Met haar unieke aanbiedingswyse en haar ongelooflike kennis het Dr. Melodie de Jager elke ouer en onderwyser gemaklik laat voel en ons werklik baie insig gegee in die werking van 'n kleuter se breinontwikkeling! Dit was lekker om net weereens te bevestig dat ons Voorskool op die regte pad is deur formele onderrig te vermy en eerder te fokus op SPEEL, SPEEL, SPEEL! So ontdek ons kleuters hoe om hul lyfies te laat beweeg en leer hulle hoe om deur daardie beweging die nodige dele van die brein te aktiveer om optimaal te kan funksioneer en later akademies te presteer! Ons sê dankie namens ons ouers en personeel dat Dr. De Jager tyd afgestaan het om 'n klein bietjie van haar merkwaardige kennis met ons te kom deel!

Onlangse Bydraes

Kategorieë

Nog Bydraes