SKRYWER JACO JACOBS BESOEK LEEUWENHIOF

Op Donderdag 31 Mei 2018, het die gewilde en bekende kinderboekskrywer, Jaco Jacobs, Leeuwenhof besoek. Jaco het al 150 kinder-en jeugboeke geskryf en ongeveer 240 boeke in Afrikaans vertaal. Van sy boeke wat baie gewild is, is die Zakkie Mostert en Professor Fungus reekse en hy is ook die skrywer van Suurlemoen! en Oor ‘n motorfiets, ‘n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word wat beide verfilm is. Van sy boeke word ook oorsee in Engels en Italiaans uitgegee.

Die leerders was al van vroeg oggend af in afwagting op Jaco se besoek, almal weet  immers wie dié skrywer is. Jaco het die leerders vermaak met vertellings uit sy nuutste en gewildste boeke asook rympies en grappies uit sy nuwe publikasies. Soveel genot is lank laas in die skoolsaal ervaar. Dit was omtrent ‘n lag per sekonde!

Na die funksie kon leerders vir Jaco persoonlik ontmoet en het hy sy boeke geteken vir leerders.

Gallery