Sport

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leeuwenhof Akademie mag dalk in vergelyking met ander privaatskole nog in sy kleuterskoene staan
maar, die Christelike Afrikaanse Privaatskool staan beslis geen tree terug as dit op die Sportveld kom
nie. Ons puik Sportprestasies getuig van passievolle afrigters en toegewyde deelnemers.

In ‘n tydperk van nege jaar word van ons Rugbyspanne onderskeidelik 21 keer as Goue Leeus-
kampioene bekroon, lewer Leeuwenhof Akademie 12 Cravenweek en provinsiale spelers op en behaal
ons drie keer die uitsonderlike prestasie om as Bondedagkampioene aangewys te word. ‘n Groot eer
het ons Eerstespan in 2005 te beurt geval toe hulle die Voor-wedstryd vir die Vodacom-beker finaal op
Ellispark gespeel het. Die span wen ook onoorwonne ‘n toernooi wat in Heidelberg gespeel is. Die
Eerste spanne hou verder Leeuwenhof se naam hoog wanneer hul tydens die St. John’s Rugbyfees
drie keer skoonskip maak.

By Leeuwenhof Akademie gaan Netbal van krag tot krag en getuig die aanwys van tien ISASA
kampioene en twee provinsiale spelers hiervan. Bekwame afrigters lei toegeweide speelsters na hoë
hoogtes.

In 2005 neem ons deel aan ons eerste Interlaer en spog ons by die byeenkoms met sewe
eersteplekke en twee tweedeplekke. Leeuwenhof word ses keer aangewys as Interlaer wenners en
lewer talle Streekspan en Gauteng-atlete op. Ons Landloopatlete verteenwoordig ons dan ook by
onderskeidelik die Gauteng en Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

Op die Krieketveld word ons uitgeboul met prestasies soos die volgende:
Suid-Oosrand Liga B-afdeling wenners
Suid-Oosrand Liga A-afdeling wenners 2013
Die Leeuwenhof Akademie Swemspan neem deel aan die Privaatskoolliga en spog met provinsiale
swemmers wat ook aan die Midmar-myl deelneem.

Public Speaking 19 Junie 2017

Public Speaking 19 Junie 2017 Die Engelse Departement het hierdie jaar ‘n interne Public speaking Kompetisie geloods. Na uitdunne in […]

Kooroptrede by Silver Star Casino

Die optrede by Silver Star Casino op Maandag 8 Mei was ‘n geweldige hoogtepunt vir Leeuwenhof koorlede. Ons het met […]

CARINA DIEDERICKS-HUGO BESOEK LEEUWENHOF

Leeuwenhof het die nuwe termyn sommer behoorlik afgeskop met ‘n opwindende Lapa boekverkoping asook ‘n besoek deur die bekende en […]

Lees nog meer