MEDIASENTRUM

 

 

 

 

 

CORLIA BOOYSEN MULTIMEDIA-INLIGTINGSENTRUM

Die mediasentrum is geopen op 4 Oktober 2008. Die fasiliteit is ‘n groot aanwins vir die skool met die visie om onafhanklike navorsing en ‘n passie vir lees te bevorder.

Daar was kliphard fondse ingesamel om hierdie droom te bewaarheid! Ouers en onderwysers het ywerig saamgewerk.  Daar is baie kaskarre gestoot, baie dae en selfs nagte deurgeswoeg (wie onthou nog die spookhuisnag waar daar deurnag gelees is?).

Die bibliotekaresse, Me Elize van Wyk, is ‘n gekwalifiseerde bibliotekaresse, met ‘n passie vir lees en vir boeke. Dit is haar missie om alle Leeuwenhoffers te begeester om te lees. En dit werk! Sover het die sentrum  se leesstatistieke elke jaar toegeneem. Sy voel dat die geheim is om die regte boeke aan te hou, boeke wat jou wegvoer na ander wêrelde, of dit nou fantasieë of feite is.

Nuwe media word gereeld deur die jaar aangekoop.  Leeuwenhof wil ook baie dankie sê aan ons ruimhartige ouers wat die waarde van boeke ken en gereeld skenkings maak, hetsy individueel of tydens die oueraande.

Die sentrum se versameling bevat fiksie en nie-fiksie boeke, naslaanwerke, tydskrifte, koerante, pamflette, CD-Roms, oudiokompakskywe en opvoedkundige DVD’s. Daar is tans 5,200 items in voorraad.

Interaktiewe witbordlesse word aangebied in die twee ouditoriums, wat baie stimulerend is vir leerlinge. In die rekenaarhoekie is  vyf rekenaars waar leerlinge navorsing kan doen vir skooltake op die Internet sowel as CD-Rom naslaanwerke.  Onderwysers gebruik die fasiliteit vir mediaintegrering  waar leerlinge  onafhanklik vakverwante inligting bekom gedurende skoolure.

Die mediasentrum is ook ‘n koesterplek. Soggens voor skool is dit ‘n byenes van leerders wat kom boeke uitneem of sommer net deur die interessante leesstof snuffel. In die winter natuurlik - waar is ‘n beter skuilplek teen die koue? Wat is dan beter as om jou besig te hou met ‘n lekker boek?

Daar word ook jaarliks ‘n bekende skrywer uitgenooi om die skool te besoek, wat altyd ‘n prettige geleentheid is. Skrywers wat al die Leeuwenhoffers kom vermaak en begeester het om te lees of sommer self te skryf, is Jaco Jacobs, Fanie Viljoen en Carina Diederick-Hugo.
Die Corlia Booysen Multimedia-Inligtingsentrum is ‘n wonderlike belewenis en ons hoop dat ons leerders eendag met genot sal terugdink aan hierdie plek wat ‘n reuse verskil in hul lewens gemaak het

Perdry

Sienna Schutte SANESA EKURHULENI RONDTE 2 verower die volgende plekke: 2de plek EQUITATION 4de plek 40 cm showjumping

Dans

Scarlett Schutte neem deel aan: The BATTLE OF THE GIANTS – Sun City en verower die volgende plekke: World Trial […]

Dans

Sienna Schutte het by die uitdunrondtes vir oorseese deelname aan die Dance World Cup in Spanje in Junie die volgende […]

Lees nog meer