Kuierdag

Gr. 1 Kuierdag

Hierdie is ‘n opwindende geleentheid vir elke nuuskierige ouer,

en voornemende Gr. 1 leerder. As jy nuuskierig is oor die leeus op die Leeuwenhof terrein

is hierdie dag net vir jou!
Kom kuier vir die dag in n Gr. 1 klassie!
Ouers is natuurlik baie welkom!   

Wanneer:  Vrydag, 13 Julie
Tyd:  (Program begin) 09:00 

 

Ouers sal op ‘n gesellige toer deur die Laerskool geneem word.
Kom deel in hierdie insiggewende geleentheid en …
kom sien en kom ervaar self wat die leeus van die lammetjies skei.  

Bevestig asb u teenwoordigheid by Marsha Wagner marketing@leeuwenhof.co.za


Geagte Gr. 7 Leerder,

KUIER-KANS BY LEEUWENHOF AKADEMIE

Alle leerders wat onseker is oor Graad 8 (2019) en by watter skool julle volgende jaar wil wees, is welkom om op Vrydag, 13 Julie 2018 by Leeuwenhof Akademie te kom kuier.  By ons is dit n gewone skooldag, en aktiwiteite sal normaal verloop.

Hierdie is n dag wat jy nie wil misloop nie!  Hier gaan jy die kans kry om raakgesien te word, en te voel hoe dit voel om nie net deel van die massas te wees nie.  Jy gaan kwaliteit onderrig ontvang, en kuier by die Graad 8’s.

Jy kan kies of jy wil kuier in Afrikaans of in Engels.  Jy is ook welkom om van ons busdienste gebruik te maak vir die dag.

‘n Geleentheid vir tieners wat ernstig is oor hulle toekoms!

Bespreek jou plekkie by Marsha by marketing@leeuwenhof.co.za sodat ons vir jou voorsiening kan maak.  Gee vir ons n aanduiding of jy gaan bus ry en in watter taal jy wil kuier.