JONG SKRYWER BESOEK LEEUWENHOF

Op Woensdag, 5 April 2017, het die veertienjarige Karla Schutte, ‘n Graad 9 leerder by Hoërskool Eldoraigne, Leeuwenhof besoek. Karla het op 13-jarige ouderdom ‘n tienerroman en perdeverhaal, Karike, gepubliseer.

Graad 4-7 leerders het die praatjie in die Laerskoolsaal bygewoon. Karla het meer oor haar boek vertel asook hoe haar pad verloop het vandat sy begin skryf het totdat die finale produk uitgegee is.
Daarna was daar ’n boekverkoping waar leerders die geleentheid gehad het om Karla persoonlik te ontmoet. Sy het ook die boek geteken vir leerders wat dit gekoop het.
Leeuwenhoffers het soos altyd wanneer ‘n skrywer besoek aflê, die geleentheid terdeë geniet en was meegevoer en geïnspireer om ook hul eie boeke te begin skryf. Sien verdere foto’s onder die Gallery skakel.