Om kinders groot te maak en op te voed is nie elke dag die maklikste taak nie! Gelukkig is daar kundiges wat mens in besonder kan bystaan in dié groot verantwoordelikheid. Ons het een van die groot kundiges, Dr. Don Roos, genooi om met ons ouers en personeel te kom gesels. Ons nooi u hartlik uit om die aand van 21 September saam met ons te kuier en verryk te word.
Op Maandag 26 Julie het 'n oom 40 eiers in 2 broeikaste by die Voorskool kom aflewer. Toe ons Woensdagoggend by die skool kom, kon ons ons oë nie glo nie. Omtrent al die eiers was al uitgebroei. Donderdag het die oom weer kom kuier en ons gewys dat 'n kuiken 'n naeltjie het. Daarna kon ons hulle vashou.
Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte :
Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder. Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar.