Die O/16-rugbyspan van Leeuwenhof Akademie het op Saterdag 17 Julie as wenners van die Beeld-trofee vir klein skole uit die stryd getree. By die span pronk hul trotse afrigter, Mnr. Nick Hart. Baie geluk !
Mark Cilliers en Machelle Calaca-Odendaal is al verlede jaar gekeur vir medies en studeer beide by Wits.
Alex Roux, Arjen Barnard, Christopher Fenn en Adriaan de Waal is op grond van hulle uitstaande punte in die B.Sc Mediese Wetenskappe tot dusver, gekeur om vanaf Julie oor te slaan suiwer medies toe. Laasgenoemde wil ‘n veearts word. Al vier studeer by TUKKIES.
Ons herinner u graag aan die oueraand van die 5de Augustus 2010– u kan met die vakonderwysers praat met wie u ‘n afspraak gemaak het op die onderstaande vorm. Indien u ‘n langer gesprek wil voer, kan u ‘n afspraak maak vir ‘n opvolg gesprek op ‘n ander dag. Dankie vir u vriendelike ondersteuning. Laai die vorm hier af:
Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte :
Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder. Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar.