Verlede Vrydagaand, tydens die Prysuitdeling vir Buitemuurse deelname het ek opnuut bewus geword van ons skool se uitstaande prestasies, toewyding van ons leerders en die hoë gehalte van afrigtingswerk wat die afrigters doen. Geen wonder dat verskeie Hoërskole sterk werwingswerk onder my graad 7 leerders doen.
‘n Begin en ‘n einde. So werk dit mos met alles. Ons verhoudings, ons skoolwerk, ons lewensplanne. Maar soms begin ‘n einde ook ‘n begin, en dis hoe dit is met die Wêreldbeker-sokkertoenooi wat na ‘n maand van emosionele hoogtepunte en laagtepunte klaargemaak het. Ons het dit gedoen. SA het teen die wêreld, en dikwels ons eie verwagting met sukses die grootste skouspel op die planeet aangebied.
Vertrou dat u die langnaweek geniet het. Dit is met groot hartseer dat ons verneem het van die afsterwe van een van ons skoolouers, Erika Barnard. Ons skoolgemeenskap se innige simpatie aan Willie en die drie seuns, Eugene, Adriaan en Jacques.
Privaatskool onderwys is veel meer as net kleiner klassies en individuele aandag. ‘n Eendag staking vind vandag plaas vir alle staatskole. Wegbly aksies is aan die orde van die dag – ons kan ons ouers gerusstel en verseker dat ons Privaatskole voortgaan met volhoubare kwalitiet onderrig en opvoeding.
Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte :
Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder. Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar.