Die onlangse veranderinge aan Leeuwenhof se webwerf het veral gepoog om die kalenders meer gebruikersvriendelik en volledig te maak. Kalenders sal op die webwerf geplaas word per skool met kleurkodes volgens kategorieë / aktiwiteite. Kyk gerus onder die opsies per skool (Alle Skole, en dan die skool van jou keuse). Daar is ook 'n gesamentlike kalender wat al drie die skole se inligting saam vertoon - kleurgekodeer per skool. Kyk onder Alle Skole, Algemeen, Kalender.
Voorheen het die module waarmee u die webblad se taalvoorkeur kan kies, na u webblaaier ('browser') se taalopstelling gekyk. Dit is egter nou verander om by verstek ('default') Afrikaans te wees. Indien u webblaaier ('browser') gestel is om 'cookies' toe te laat kan u egter nou u taalvoorkeur kies en dit sal dan gestoor word. Wanneer u dan weer die webtuiste besoek, sal u taalvoorkeur nog wees soos u dit die vorige keer gekies het. Laat weet asseblief indien daar enige iemand is wat sukkel in die verband.
Die webwerf is getoets om te werk met Internet Explorer 6 en 7, asook Firefox. Indien u egter enige probleme ondervind op die webwerf, bv. bladsye wat nie laai nie, prentjies wat nie vertoon nie, of enige ander probleem rondom navigasie, asook voorstelle, kontak asseblief die webmeester by 0825606588, of stuur e-pos.
Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte :
Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder. Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar.