logo


Laerskool Gebeure
Wapper jou vlag vir die Hoërskool PDF Afdruk E-pos
Laerskool - Belangrike Gebeure
Dinsdag, 17 Augustus 2010 05:44

phoca_thumb_m_vlagwapper3‘n Begin en ‘n einde. So werk dit mos met alles. Ons verhoudings, ons skoolwerk, ons lewensplanne. Maar soms begin ‘n einde ook ‘n begin, en dis hoe dit is met die Wêreldbeker-sokkertoenooi wat na ‘n maand van emosionele hoogtepunte en laagtepunte klaargemaak het. Ons het dit gedoen. SA het teen die wêreld, en dikwels ons eie verwagting met sukses die grootste skouspel op die planeet aangebied.

Lees meer...
 
Wapper jou vlag! PDF Afdruk E-pos
Laerskool - Belangrike Gebeure
Maandag, 09 Augustus 2010 07:03

phoca_thumb_m_vlagwapper2Die Laerskool het hul projek afgeskop!

Leeuwenhof Akademie se Laerskool het vandag hul landsvlae met trots gewapper vir ons eie Hoerskool.  Ons is baie trots op hul pragtige prestasies.  Die onder 16 Rugby span speel eerskimende Saterdag in die 0/16 beeld kwart finaal. Ons hou duim vas!   Die afgelope week het die Hoerskool, nie net ‘n Revue nie maar ‘n uitstaande produksie aangebied!  5 Van hul groepe tree eerskomende Saterdag op in die Staatsteater.  Die Laerskool is voorwaar trots op julle!! Dankie vir die mooi voorbeeld! Ons wapper ons vlae hoog!

 
Leierskap PDF Afdruk E-pos
Laerskool - Belangrike Gebeure
Maandag, 12 Julie 2010 08:18

Ons Leiers het weekliks ‘n leiersperiode waar daar op verskillende temas gefokus word om leierskap by ons leerders te ontwikkel. Hier is van ons temas wat reeds in 2010 met ons Leiers behandel is.

Lees meer...
 
Internasionale dag PDF Afdruk E-pos
Laerskool - Belangrike Gebeure
Donderdag, 08 Julie 2010 03:57

phoca_thumb_s_internasionaal3Op 12 Januarie het die groot trekking van die lande vir die Internasionale dag plaasgevind. Elkeen het sy opdrag gekry en elke onderwyser is terug na sy klas om te beplan en voor te berei vir die spesiale dag. Daar is ook geleer…..wat is die geldeenheid, watter taal word daar gepraat en moet die kaart en vlag nie vergeet nie. Ouers het ook betrokke geraak. Daar is besluit hoe die stalletjies moet lyk en wat daar geëet gaan word.

Lees meer...
 
Leiers projek - Laerskool PDF Afdruk E-pos
Laerskool - Belangrike Gebeure
Sondag, 23 Mei 2010 06:56
  Die Graad 7 leerders het 'n Shavathon projek geloods om geld in te samel vir die Cansa projek. Ons kon met trots die hare laat waai, kleur of skeer.  Die leiers het die mooi bedrag van R5800-00 ingesamel en tydens Saalopening die tjek aan die Cansa vereniging oorhandig.  So reik ons uit!!
 
Internasionale dag PDF Afdruk E-pos
Laerskool - Belangrike Gebeure
Sondag, 23 Mei 2010 05:14

international2010 in Suid-Afrika beteken SOKKER!

Ons by Leeuwenhof kon die geleentheid nie verby laat gaan om ons sokker-harte te wys. Elke klas verteenwoordig ‘n land. Daarom kan ons 21 lande uitbeeld. Navorsing is gedoen en elke kind kan met vertroue oor die sy/haar klas se land gesels.Stalletjies word vanaf Vrydag 28 Mei om 12:00, op die rugbyveld, gebou. Saterdag om 9:00 begin die amptelike opening in die Amfiteater, waarna die stalletjies geopen word sodat ons aan die kos van oor die wêreld kan proe.

‘n Feestelike geleentheid om nie te mis nie.

 
Sokkerjol inligtingsboekie PDF Afdruk E-pos
Laerskool - Belangrike Gebeure
Woensdag, 12 Mei 2010 10:09
‘n Gulde advertensie geleentheid vir u maatskappy / besigheid. Tydens die Internasionale Sokkerjoldag van 29 Mei gaan ‘n inligtingsboekie waarin elke klas verteenwoordig is, verkoop word. In die boekie word die openingsprogram en die inligting i.v.m die wedstryde geplaas. Elke gesin wat die dag bywoon sal so ‘n boekie as toegang koop. Stuur ‘n visitekaartjie of inligting wat u wil adverteer  teen 12 Mei na Me Bosman.Die koste beloop R200.  Kontak Charmaine Bosman  (084 606 4008) vir meer besonderhede.
 
Shavathon en paashamper PDF Afdruk E-pos
Laerskool - Belangrike Gebeure
Sondag, 18 April 2010 19:04

phoca_thumb_s_DSC_5851Die hare het behoorlik die 26 ste Maart by Leeuwenhof Akademie gewaai gedurende ons Laerskool se eie Shavathon.  Dit was die inisiatief van die Graad 7 leiers om op hierdie wyse geld in te samel vir CANSA.  Baie dankie aan al die Leeuwenhof leerlinge wat gewys het dat ons 'n skool is wat omgee deur deel te wees van hierdie dag hetsy dit was deur hare te kleur, skeer of net te verfraai met 'n gekleurde haarstukkie. Kliek hier vir foto's.

Baie geluk aan Natalie Smith Gr.4.1 wat die gelukkige wenner was van die Paashamper wat deur die Graad 7 leiers uitgeloot is.

 
Kaskarwenners PDF Afdruk E-pos
Laerskool - Belangrike Gebeure
Sondag, 11 April 2010 19:24

phoca_thumb_s_DSC_5740Ons Kaskarfondsinsameling het hierdie jaar weereens alle verwagtinge oortref. Soos ons die Leeuwenhoffers ken het ons ouers hul harte en hande oopgemaak vir die oprigting van 'n Wetenskap – en Tegnologiesentrum en die opgradering van ons Voorskool se terrein. Die projek het gesluit op 'n allemintige R 245 000 wins. Dit het ook daartoe bygedra dat mnr. Uys se hare afgeskeer moes word voor die hele Laerskool, tot groot vermaak van die leerlinge. Mnr. Uys sê dit is absoluut die moeite werd en hy sal dit weer doen in die toekoms. Baie dankie aan elke ouer, onderwyser en leerling wat bygedra het tot die groot sukses van Kaskardag 2010. Die Leeuwenhof gemeenskap bly TOPS. Sien almal weer by volgende jaar se Kaskardag dan maak ons weer so!!! Kliek hier vir nog foto's.

Lees meer...
 
Wenners in Jesus PDF Afdruk E-pos
Laerskool - Belangrike Gebeure
Woensdag, 03 Maart 2010 08:43

unique2Ek is uniek!   Ons gesiggies is anders , maar ek is spesiaal.  Ek lyk anders, praat anders, maar ek is spesiaal.  Van ons het blou oe, ander groen of bruin.  Ons hare is anders gesny en is ander kleure.  Soms wens ek, ek kon soos die ander maatjie wees, maar my verskille is juis dit wat my SPESIAAL maak.

 
Graad 1 Klokseremonie PDF Afdruk E-pos
Laerskool - Belangrike Gebeure
Woensdag, 03 Maart 2010 03:30

phoca_thumb_s_Gr1_Kloktoring5Die lui van ‘n klok dui tyd aan.  Die Graad 1 maats was baie trots om tydens saalopening die Groot klok by die kloktoring te lui, om so hul eerste tree in die groot skool aan te kondig.  Mag julle reis deur Leeuwenhof Laerskool elke dag uniek en voorspoedige wees met Jesus as jou stuurman! Kyk gerus na nog fotos.

 
« BeginVorige12VolgendeEinde »

Bladsy 1 van 2

Neem Kennis


Leeufees.jpg
Leeufees

Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte :

Voorskool – Tercia van Aswegen; Laerskool – Voogonderwysers; Hoërskool – Ruth Vermeulen, ontvangs; Computicket

Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder.  Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar.

Uit ons gallery

Leeuwenhof Hoofde

  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow

Nuut in ons gallery

041
Soogdiere (11)
041
2010_u16 golden lionschamps4
Rugby (5)
2010_u16 golden lionschamps4
klankemodeperade88
Augustus Akademie (41)
klankemodeperade88

Internet Browsers gebruik

Total Top:
47%Internet Explorer 6.0
25%Internet Explorer 8.0
14%Internet Explorer 7.0
4%Safari 533.17.8
3%FireFox 3.6.8

Aangedryf deur Joomla!. Designed by: Free Joomla 1.5 Template, ecommerce web hosting. Valid XHTML and CSS.