Ons het reeds aan ons 2de Liga byeenkoms deelgeneem by Germiston Lake. Leeuwenhof het dit met trots aangebied en ‘n uitstekende uitdaging vir die kinders gestel. Ons kinders presteer baie goed en ons verwag ‘n klomp atlete in die Germiston Landloop Span! Vasbyt! (Kliek op foto vir nog foto's)
Die 0/12 - en 0/13 netbalspanne het die naweek aan die Gauteng netbal uispele by H/s E.G. Jansen deelgeneem. Al die wenners van hul onderskeie liga`s het die dag teen mekaar gespeel.
Baie geluk aan ons netbal- en rugby-spelers julle prestasie was tops in hierdie seisoen. Aan ons Skaakkampioene dankie vir julle harde werk en geluk met julle prestasies. Lees gerus meer oor hul prestasies.
Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte :
Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder. Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar.