Verlede Vrydagaand, tydens die Prysuitdeling vir Buitemuurse deelname het ek opnuut bewus geword van ons skool se uitstaande prestasies, toewyding van ons leerders en die hoë gehalte van afrigtingswerk wat die afrigters doen. Geen wonder dat verskeie Hoërskole sterk werwingswerk onder my graad 7 leerders doen.
Vertrou dat u die langnaweek geniet het. Dit is met groot hartseer dat ons verneem het van die afsterwe van een van ons skoolouers, Erika Barnard. Ons skoolgemeenskap se innige simpatie aan Willie en die drie seuns, Eugene, Adriaan en Jacques.
Privaatskool onderwys is veel meer as net kleiner klassies en individuele aandag. ‘n Eendag staking vind vandag plaas vir alle staatskole. Wegbly aksies is aan die orde van die dag – ons kan ons ouers gerusstel en verseker dat ons Privaatskole voortgaan met volhoubare kwalitiet onderrig en opvoeding.
Feitlik elke Suid Afrikaner was die afgelope Sokker Wêreldbeker gevul met trots oor die wyse hoe alles verloop het en hoe alles aangebied was. Trots en eenheid het ons harte gevul toe Bafana Bafana tydens die openingswedstryd gelykop speel teen Mexico en ook toe ons die Franse geklop het.
Die derde kwartaal het goed begin met 8 nuwe leerders wat by ons aangesluit het. Baie dankie en groot waardering vir ons kinders se netjiese voorkoms en goeie gedrag wat van die eerste dag opmerksaam was.
Baie welkom terug na die lekker lang wintervakansie. Nuwe leerders en ouers wat vir die eerste keer by ons aansluit – baie welkom. Mag u en u kind gou inskakel en deel van ons pragtige skoolgemeenskap word.
Die wêreldbeker sokkertoernooi is verby, maar ek glo dat almal die gevoel van verdraagsaamheid en welwillendheid in ons land beleef en ervaar het.
Baie geluk met almal se bydrae, deelname en positiewe gesindheid om van die Internasionale dag ‘n reuse sukses te maak. Die algemene gees en gesindheid was besonders en ek as skoolhoof het opnuut besef watter voorreg dit is om aan die hoof te staan van so ‘n pragtige skoolgemeenskap van ouers, kinders en onderwysers. Die amptelike opening was besonders, die stalletjies het getuig van die mooi samewerking tussen ouers en skool en die lekker kos verdien spesiale vermelding. Opvoedkundig gesien het ek geen twyfel dat die Internasionale dag ‘n waarde toevoeging tot ons kinders se lewens was nie.
Baie geluk aan die junior netbal dogtertjies (gr 1 – 3) wat so pragtig deelgeneem het aan die ISASA netbaldag by Leeupark. Groot waardering vir Linda Victor as organiseerder, personeel en ouers wat ‘n pragtige dag aangebied het met uitstaande organisasie.
Ons rugby- en netbalspanne se gehalte spel is van hoë standaard. Spesiale vermelding aan ons B-netbalspanne wat pragtige spel lewer.
Ons skool se aanbieding van die Welpiedag was ‘n reuse sukses. Groot waardering en dank aan Lorinda Swanepoel en ouers wat die verkope georganiseer en aangebied het. Dit is opoffering om op ‘n Saterdagoggend 06:00 tafels te dek, stalletjies gereed te maak en vure aan te steek om 07:00 gereed te wees vir verkope. Sonder ons ouers se hulp was die dag nie moontlik nie.
Ons drie skoolhoofde was bevoorreg om ‘n Onderwys Simposium in Stellenbosch by te woon, in samewerking met KDA en die Universiteit van Stellenbosch. Ons was bemagtig en versterk deur uitstaande lesings en besprekings om ons taak, verantwoodelikheid en uitdagings as skoolhoof weer opnuut met nuwe ywer aan te pak.
Die afgelope week het ons leerders hulle assesseringsverslae ontvang. Ons is gelukkig met die akademiese standaarde wat gehandhaaf word. Ons wil opnuut die volgende beklemtoon:
Leerders moet in die skool wees en afwesigheid tot die minimum beperk.
Leerders moet gefokus wees in die klaskamer.
Die leerkrag moet die belangrikste feite herhaal en dril.
Die skool het persoonlike afsprake met ouers gemaak wie se kind ernstige leeruitvalle toon.
Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte :
Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder. Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar.