Die O/16-rugbyspan van Leeuwenhof Akademie het op Saterdag 17 Julie as wenners van die Beeld-trofee vir klein skole uit die stryd getree. By die span pronk hul trotse afrigter, Mnr. Nick Hart. Baie geluk !
Die Hengelklub by die Hoërskool het gedurende die Junie vakansie ‘n heerlike wegbreek na die Lydenburg omgewing gehad. Daar is tuisgegaan in ‘n regte ou plaashuis en gehengel in die plaasdam wat met swartbaars gevul is, asook in die Kwenadam en ‘n foreldam in Lydenburg. Die uitstappie was baie suksesvol ten spyte van die winterkoue en ‘n hele aantal swartbaars en forel is gevang.
Baie geluk aan ons Hoërskoolruiters met hulle uitslae. Ons skool het 'n 3de plek behaal tussen al die klas C skole en ons skool is 6de in geheel! Hier volg 'n kort opsomming:
Hiermee bedank ons die spelers en afrigters vir al hul toewyding gedurende die seisoen en sê baie geluk met die uitsonderlike prestasies wat behaal is. Ook ‘n groot dankie aan ons ouers vir die getroue ondersteuning langs die veld.
We would like to thank all the players and coaches for their commitment this season and congratulations on their achievements. To our parents a big thank you for the loyal support next to the field.
Leeuwenhof se eerste hoërskool rugby-, netbal, en hokkiespanne het die April vakansie aan die jaarlikse Nylieweek in Nylstroom deelgeneem. Tydens die toernooi het die spanne aan verskeie wedstryde deelgeneem.
Rugby uitslae vir Leeuwenhof vs Edenglen: volslae oorwinning !
O/14 : 37 - 0
O/15 : 22 - 16
O/16 : 31 - 5
1ste : 37 - 12
Hokkie: Baie geluk aan Bronwen Molewan, Graad 8, wat opgeneem is in die Oos Gauteng A Hokkie span en Michelle van den Berg, Graad 8, wat in die Oos Gauteng B-span opgeneem is!
Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte :
Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder. Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar.