Mark Cilliers en Machelle Calaca-Odendaal is al verlede jaar gekeur vir medies en studeer beide by Wits.
Alex Roux, Arjen Barnard, Christopher Fenn en Adriaan de Waal is op grond van hulle uitstaande punte in die B.Sc Mediese Wetenskappe tot dusver, gekeur om vanaf Julie oor te slaan suiwer medies toe. Laasgenoemde wil ‘n veearts word. Al vier studeer by TUKKIES.
Ons herinner u graag aan die oueraand van die 5de Augustus 2010– u kan met die vakonderwysers praat met wie u ‘n afspraak gemaak het op die onderstaande vorm. Indien u ‘n langer gesprek wil voer, kan u ‘n afspraak maak vir ‘n opvolg gesprek op ‘n ander dag. Dankie vir u vriendelike ondersteuning. Laai die vorm hier af:
JJ VAN DER MERWE; KALIN GOVENDER; FRANCOIS ; CHANTÉ STEYN EN ZANÉ CILLIERS.
Graag wil ons julle baie welkom laat voel op alle terreine in ons skool en daarom wil ons veral seker maak dat julle ook gemaklik inskakel op akademiese gebied na die Winter-vakansie. Die volgende program sal julle instaat stel om jul onderwysers beter te leer ken, moontlike agterstallige werk in te haal en presies te probeer vasstel waar jul staan ten opsigte van werk wat deur die komende vakansie op datum behoort gebring te word. Voel asb. te alle tye vrymoedig om met jul vakonderwysers te gesels oor enige iets. Jou ouers moet ook asb. nie huiwer om die skool of enige onderwyser te skakel nie.
Die Eksamen is voor die deur vir die Hoërskool Leerlinge. Laai jou eksamen rooster nou af. Elke vakonderwyser sal verder die afbakening elektronies besikbaar stel op die web. Laai dit af onder Laai Af en Afbakening.
The Exam is almost here for the High School learners. Download your exam timetable here. Every subject teacher will provide the demarcation electronically and it will be available for download under Laai Af and then Afbakening.
In the beginning of February the Geographes went to Howick. The group consisted of grade 12 learners who had to do a water quality study as part of their grade 12 Geography portfolio. Click here to join in the action.
Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte :
Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder. Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar.