Die CSV-diensjaarlede het net nadat die skool begin het op 'n kamp gegaan om mekaar te leer ken, te beplan vir 2010 en bo alles om tyd met die Here te spandeer. Dit het elkeen se wildste verwagtings by verre oortref ! Bid gerus vir die CSV en hulle werk, daar is hierdie jaar 'n dinamiek en sukses wat beslis nie uit eie krag kom nie ! Kliek hier vir nog foto's.
Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte :
Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder. Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar.