Noudat almal hopelik herstel het van die Sokkerkoors, welkom terug en voorspoed vir die res van 2010 !
Die Ouerklub is nou hard aan die werk met die laaste projek vir 2010 – Leeufees@Wild Waters.
Die Leeufees@Wild Waters skop om 09h00 op 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg af. Die eerste kunstenaar sal reeds om 09h30 op die verhoog wees en die vermaak sal deur die dag voortgaan met optredes deur Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber en vele ander.
Welkom terug na die welverdiende vakansie. Die dae word ook al koeler, maar soos hulle sê – As die kosmos blom, is die Winter aan die kom. Ons hou u graag op hoogte van ons projekte en hiermee dan die nuutste nuus...
Ons lewe word gevul deur die dinge van die gesin, huis, werk, familie en dan vra die skool ook nog sy pond vleis! Voor al die dae en datums dus gevul is, herinner ons u graag ook aan die projekte van die Ouerklub.
Die tyd vlieg verby en die eerste reses is op hande ! Ons vertrou dat almal die welkome breek behoorlik sal geniet ! Met die Kaskardag van die Laerskool afgehandel, word daar nou gefokus op die Damestee met Sonja Heroldt op 13 Maart 2010. Dit beloof om ‘n gesellige oggend vol inspirasie vir elke dame te wees. Daar sal ook vir elk gas ‘n verrasingspakkie wees. Regtig iets om na uit te sien !
Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte :
Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder. Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar.