| Laerskool Nuus 21 |
|
|
|
| Laerskool - Nuusbriewe |
| Donderdag, 22 Julie 2010 08:38 |
|
Die derde kwartaal het goed begin met 8 nuwe leerders wat by ons aangesluit het. Baie dankie en groot waardering vir ons kinders se netjiese voorkoms en goeie gedrag wat van die eerste dag opmerksaam was.
Ons personeel is geweldig trots op ons kinders in die skool. Ons stel hoë eise en verwagtinge en is trots daarop om te sien hoe ons leerders daaraan voldoen en selfs verbeter. Ek kan met trots sê dat ons skool met vele aktiwiteite die verhoog deel en onsself handhaaf teenoor die beste van die beste skole in Gauteng. Ek deel graag met u tien dissiplinereëls wat jou kind se lewe kan verander. Aangeheg is ‘n byvoegsel wat elke reël meer omskryf:
GELUKWENSING:Baie geluk aan die Hoërskool se 0/16 rugbyspan, wat eerskomende Saterdag in die finaal van die Goue Leeus speel.
ONDERWYSPOSTE:U dra reeds kennis dat me Christa Holtshausen ‘n onderwyspos by ‘n internasionale skool in Dubai aanvaar het. ‘n Verdere verwikkeling die afgelope week is dat me Hanlie Kriel vanaf September oorgeplaas word na die Voorskool by me Wilna van Rooyen. Me Kriel se drome en ideale was nog altyd om onderwys te gee in die preprimêre fase. As gevolg van ‘n vakature by die Voorskool is dit moontlik om die oorplasing te doen, want anders sou Leeuwenhof Akademie beslis vir Me Kriel verloor het. Die twee onderwysposte word Dinsdag in tame Times geadverteer en Woensdag in die Beeld. NETBAL:Baie geluk aan die 0/12 en 0/13 netbalspanne wat uitstekende spel op die GISA toernooi gelewer het. Ons skool is baie trots op ons netbaldogters, afrigters en ons ouers wat so mooi positief ondersteun het. Ek is trots op die wyse waarop die netbal hulself gehandhaaf het teen die bestes in Gauteng. AKTIWITEITSPERIODES:Die aktiwiteitsperiodes in ‘n week is primêr ingestel vir kultuuraktiwiteite en skaak. Vanaf volgende week gaan al die leerlinge in die skool wat nie gedurende die aktiweiteitsperiode betrokke is nie, deelneem aan ‘n verpligte groot motoriese program. Mnr Disney Evans sal in beheer wees van die program. TOP 10 LESERS:Die Top 10 lesers vanaf die opening van die multi-mediasentrum is soos volg:
Die Top beginnerleser in graad 1 is Mia Louw. KORE EN SIMFONIE-ORKES:Baie geluk met ons kore se pragtige optrede saam met die Simfonie-orkes. Dit was ‘n pragtige geleentheid en blootstelling vir ons kinders. Dankie aan ons ouers wat so mooi ondersteun het en vir u opoffering om die program op ‘n Sondagmiddag moontlik te maak. BELANGRIKE DATUMS:
Leeuwenhof groete Mnr. Bezuidenhout |
Neem Kennis
|
Leeufees Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte : Voorskool – Tercia van Aswegen; Laerskool – Voogonderwysers; Hoërskool – Ruth Vermeulen, ontvangs; Computicket Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder. Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar. |
Hoërskool nuus
Laerskool Nuus
Voorskool Nuus
Internet Browsers gebruik
Total Top:| 45% | Internet Explorer 6.0 |
| 24% | Internet Explorer 8.0 |
| 16% | Internet Explorer 7.0 |
| 4% | Safari 533.17.8 |
| 3% | FireFox 3.6.8 |
Aangedryf deur Joomla!. Designed by: Free Joomla 1.5 Template, ecommerce web hosting. Valid XHTML and CSS.





