| Voorskool Nuus 21 |
|
|
|
| Voorskool - Nuusbriewe |
| Donderdag, 22 Julie 2010 08:26 |
|
Die kwartaal het begin met lekker aktiwiteite, soos ons poppedag, wat op 16 Julie plaasgevind het, asook die heerlike poppespel, wat deur oud en jonk met oorgawe geniet is. Ons wil graag ons program soveel as moontlik inkleur met heerlike afwisseling, om te sorg dat ons maatjies ingeligte wesentjies is en kreatiewe denke bevorder.
Tydens ‘n onlangse studie deur IBM is 1500 korporatiewe hoofde ondervra watter van die volgende leierseienskappe hul as die belangrikste beskou: kreatiwiteit, toegewydheid, regverdigheid, globale denke, nederigheid, invloed, integriteit, deursigtigheid en volhoubaarheid. Kreatiwiteit is aangewys as die belangrikste leierseienskap (60%), integriteit het 52% gehaal en globale denke 35%. Dit beteken dat ons en ons kinders nuut moet dink en nuut moet doen. 1. Konsert:Ons beplan om ons konsert en oupa- en ouma aand, op Maandag 27 September om 19:00 in die Linder Ouditorium, Parktown aan te bied. Die ouditorium is heerlik groot, met sagte sitplekke. Dit beteken dat ons geen beperking op getalle het nie, al die grootouers en familie of vriende wat belangstel, is dus welkom om die geleentheid by te woon! Nooi hul gerus nou al, vir die groot geleentheid van ons skooljaar! 2. Revue:Ons hoërskool hou revue en dit beloof om ‘n ongelooflike produksie te wees! Daar is nog enkele kaartjies beskikbaar by die hoërskoolkantoor. 3. Leeufees:Al die reëlings vir Leeufees 2010 @ Wild Waters is reeds getref en ons sien uit na ‘n fantastiese dag! Verlede jaar het die fees alle verwagtinge ver oortref en ons weet hierdie jaar gaan nog ‘n veel groter ervaring wees!! Koop sommer nou al kaartjies by juffrou Tercia aan. Let wel: Vir elke tien kaartjies wat u verkoop, kry u een gratis!! 4. Busroete:‘n Nuwe lys van ons skool se busroetes is in die kantoor beskikbaar, met telefoonnommers van die busbestuurders. 5. Rugby- en netbalakademie:Ons herinner die graad 0 ouers aan die diens wat beskikbaar is teen R300 per kwartaal. Veral voetwerk en balvaardighede kry aandag, wat net tot voordeel van elke maatjie is. Doen asb. navraag by Wilna of Colette, ons wil graag hierdie Vrydag met die aktiwiteit begin. 6. Gelukwensing:Ons hartlike gelukwensing aan die hoërskool, met hul mooi prestasie wat die rugby betref! Die onder-sestiens het deurgedring na die Leeusfinaal, drie ander spanne het net-net verloor. 7. Welkom:Hartlik welkom aan juf. Belinda, wat Maandag by ons aangesluit het in juf. Margreet se plek! Ons hoop sy sal die tydjie by ons skool sommer baie geniet! Ons waardeer haar bereidheid om ons uit te help. |
Neem Kennis
|
Leeufees Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte : Voorskool – Tercia van Aswegen; Laerskool – Voogonderwysers; Hoërskool – Ruth Vermeulen, ontvangs; Computicket Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder. Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar. |
Hoërskool nuus
Laerskool Nuus
Voorskool Nuus
Internet Browsers gebruik
Total Top:| 46% | Internet Explorer 6.0 |
| 23% | Internet Explorer 8.0 |
| 16% | Internet Explorer 7.0 |
| 4% | Safari 533.17.8 |
| 3% | FireFox 3.6.8 |
Aangedryf deur Joomla!. Designed by: Free Joomla 1.5 Template, ecommerce web hosting. Valid XHTML and CSS.





