logo


Home Alle Skole Laerskool Nuusbriewe Laerskool Nuus 9
Laerskool Nuus 9 PDF Afdruk E-pos
Laerskool - Nuusbriewe
Dinsdag, 09 Maart 2010 08:12

Leeuwenhof Akademie is bevoorreg om ‘n leerondersteuningsentrum te hê bestaande uit die volgende terapeute:

  • Remediërende Terapeut
  • Opvoedkundige Sielkundige en Berader
  • Spraak Terapeut
  • Arbeidsterapeut

In die volgende Nuusbriewe gaan ek meer inligting gee oor die soort dienste wat elke terapeut verskaf.  Die Spraak- en Taalterapeut kan kinders help t.o.v.

  • Artikulasie probleme bv. die verkeerde uitspraak van woorde
  • Taalprobleme – om jouself verbaal uit te druk dat jou taal vir almal verstaanbaar is
  • Hakkel
  • Ouditiewe persepsie – Luistervaardighede en ouditiewe persepsie loop hand aan hand
  • Ouditiewe diskriminasie – vaardighede om ooreenkomste en verskille tussen geraas en klanke te kan onderskei.
  • Ouditiewe geheue – vermoë om te onthou wat die ore gehoor het.

Christa Holtshausen kan geskakel word indien u enige verdere navrae het.

RUGBY- EN NETBALKAMP:

Die rugby- en netbalkamp by Konka was ‘n reuse sukses.  Baie dankie aan ons afrigters se toewyding en opoffering die afgelope naweek.  Ons is trots op ons kinders se mooi positiewe gedrag en harde werk die afgelope naweek.  Groot waardering aan ons ouers wat Saterdag, tydens die wedstryde so pragtig ondersteun het.

 RUGBYTRUIE:

Die rugbytruie wat Esquires Verskaffers voorsien se kleur en skoolwapen voldoen glad nie aan die vereistes van die skool nie.  Ek versoek ouers om asb. nie verder rugbytruie daar aan te koop nie.  Ons is tans in onderhandeling dat ouers wat reeds die truie vanjaar gekoop het, dit moet terugneem en moet aandring op ‘n terugbetaling.

Verskoning vir enige ongerief.

 ATLETIEK:

Baie geluk aan die atlete wat op die Gauteng Atletiek Kampioenskappe pragtig presteer het.  Spesiale woord van gelukwensing aan die volgende twee atlete:

  • Freddie Page – 1ste Plek in hoogspring – seuns 0/12
  • Berend van Staden – 3de Plek in die 200m – seuns 0/13

 Ons is baie trots op Freddie Page wat Gauteng gaan verteenwoordig op die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.

 REDENAARS:

Eerskomende Dinsdag vind ons skool se interne ATKV Redenaarskompetisie plaas by die skool.  Ons is trots op die pragtige belangstelling waar tussen 75 – 80 leerders gaan deelneem.

 Die beoordelaars is ATKV opgeleide beoordelaars, wat onafhanklik van die skool staan.

 Baie sterkte en sukses aan elke leerder wat deelneem.

 KASKARPROJEK:

Die kaskarprojek sluit eerskomende Vrydag.  Die finale inbetalings op Vrydag sal bepaal wie die klas en individuele wenners van die projek is.

 BELANGRIKE DATUMS:

9 Maart 2010:                         Interne ATKV Redenaars

10 Maart 2010:                       Rugby- en Netbal: Laerskool Louw Geldenhuys

11 Maart 2010:                       Navi Redd

12 Maart 2010:                       Toets- Geïntegreerde Studies vir graad 4 tot 7

Graad 1 – 2011 besoek ons graad 1 klasse

13 Maart 2010:                       Netbal – 0/12 Proewe

Rugby – Skeidsregtersevaluering: Hoërskool Die Burger

Leeu Ouerklub: Sonja Heroldt

 

Neem Kennis


Ope Dae

GRAAD 1 OPEDAG

16 Oktober 2010 - 10:00

GRAAD 8 OPEDAG

30 Oktober 2010

Leeufees

Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte :

Voorskool – Tercia van Aswegen; Laerskool – Voogonderwysers; Hoërskool – Ruth Vermeulen, ontvangs; Computicket

Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder.  Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar.

Uit ons gallery

Leeuwenhof Hoofde

  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow

Nuut in ons gallery

klankemodeperade58
Augustus Akademie (50)
klankemodeperade58
familiewapper3
Wapper jou vlag (10)
familiewapper3
047
Soogdiere (11)
047

Internet Browsers gebruik

Total Top:
43%Internet Explorer 6.0
27%Internet Explorer 8.0
14%Internet Explorer 7.0
4%Google Chrome 5.0.375.127
3%FireFox 3.6.8

Aangedryf deur Joomla!. Designed by: Free Joomla 1.5 Template, ecommerce web hosting. Valid XHTML and CSS.