| Waar kry ek Adobe Reader? |
|
|
|
| Donderdag, 04 Februarie 2010 13:44 |
Benodig jy dalk die Adobe Reader om die aflaaibare dokumente te kan lees? Laai die program hier af.Adobe versprei 'n program wat jou in staat stel om PDF dokumente oop te maak en te vertoon. Adobe Reader laat jou toe om die dokument te vertoon en te druk. Jy kan nie die dokument wysig nie of nuwe PDF dokumente skep nie. Ons gebruik hierdie formaat omdat dit byna 'n webstandaard geword het. Meeste webwerwe verskaf dokumente in hierdie PDF formaat. Dit verseker dat daar nie probleme is met versoenbaarheid (compatability) met verskillende rekenaars en bedryfstelsels nie. 'n Verdere voordeel is dat dit verseker dat dokumente nie gewysig kan word nie en dat die oorspronklike inligting bly soos die skrywer dit bedoel het. Om die Adobe Reader web leser af te laai kliek hier: Adobe Reader. Dit is ook makliker om die dokument eers af te laai (Save As) en dit nie direk in die Web-blaaier (Browser) oop te maak nie. Indien daar enige navrae is kontak gerus die webmeester. |
Neem Kennis
|
Leeufees Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte : Voorskool – Tercia van Aswegen; Laerskool – Voogonderwysers; Hoërskool – Ruth Vermeulen, ontvangs; Computicket Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder. Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar. |
Hoërskool nuus
Laerskool Nuus
Voorskool Nuus
Internet Browsers gebruik
Total Top:| 47% | Internet Explorer 6.0 |
| 24% | Internet Explorer 8.0 |
| 14% | Internet Explorer 7.0 |
| 4% | Safari 533.17.8 |
| 3% | FireFox 3.6.8 |
Aangedryf deur Joomla!. Designed by: Free Joomla 1.5 Template, ecommerce web hosting. Valid XHTML and CSS.






