logo


Home Alle Skole Laerskool Nuusbriewe Laerskool Nuus 4
Laerskool Nuus 4 PDF Afdruk E-pos
Laerskool - Nuusbriewe
Dinsdag, 02 Februarie 2010 03:49

In die boek Spreuke word elke ouer gekonfronteer met die belangrikheid van dissipline vir hulle kinders.  Spreuke 13:24 sê:  “Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie, as hy hom liefhet, sal hy hom ‘n straf, wanneer dit nodig is.” Die Woord sê verder in Spreuke 19:18 dat daar hoop is, wanneer jou seun streng behandel word.

 

‘n Ongedissiplineerde kind skep in die skool oneindige uitdagings soos klasontwrigting; negatiewe beïnvloeding van maats, uitdaging van gesag en ervaar dikwels verwerping deur hulle maats.  ‘n Verdere nagevolg is dat ‘n ongedissiplineerde kind ook dikwels op akademiese gebied onder-presteer.

 

Riglyne vir ouers en opvoeders t.o.v. hulle kind se dissipline kan soos volg saamgevat word:

  • Dissiplineer jou kinders
  • Dissplineer hulle van kleins af
  • Konsekwente dissipline
  • Dissipline uit liefde

 

Indien daar ouers is wat tuis dissiplinêre probleme van hulle kinders ervaar, moet u vrymoedigheid neem om die skool te skakel vir hulp.  Die skool beskik oor bekwame terapeute wat u kan adviseur met goeie raad.

 

ATLETIEKBYEENKOMS:

Eerskomende Woensdag, 3 Februarie 2010 sluit die skool om 13:00.  Daar sal wel toesig en beheer oor leerders wees wat nie afgehaal word nie.  Die busse vertrek gewone tyd om 16:00.

 

Ons neem deel aan ‘n atletiekbyeenkoms in Krugersdorp om 15:00 en al ons personeel tree op as beamptes.  Die atletiekspan vertrek reeds om 13:00.

 

Baie sterkte aan al ons atlete!

 

FAMILIEGROEPE (BOELIE):

Die familiegroepe gebasseer op liefde, omgee en respek het begin.  Pastoo Edgar Phillips en mnr Christo Boshoff gaan weekliks eenvoudige ontstpannings- en visualiseringsoefeninge met mnr Boshoff se registerklas doen.

 

Dr Hans Berger het in 1909 die ontdekking gemaak dat die mens se brein tussen vier basiese breingolwe ossileer.

 

Hierdie breingolwe werk soos ‘n motor met ‘n 4-spoedratkas.

  • 1ste rat is Delta-golwe.  Die stadigste en word tydens diep slaap gebruik.
  • 2de rat is die Theta-golwe.  Net voor ‘n mens wakker word.
  • 3de rat word Aplha-golwe genoem.

In hierdie golftoestand neem die brein vyf maal meer informasie in as in Beta-golwe (4de rat).  Hier is die mens se brein die mees kreatiefste, word insig ontvang, sportprestasies gelewer, optimum “werkverigting” verkry asook emosionele stabiliteit herstel.

  • Beta-golwe is die 4de rat en waar ons onder tydsdruk, stress en spanning moet funksioneer.

 

Deur eenvoudige ontspannings- en visualiseringsoefeninge van ±15-20 minute te doen, kan ons die brein vir ‘n langer tydperk per dag in Alpha-golwe hou.

 

Hierdie werk sal wees om die klas d.m.v. sekere oefeninge (soos hierbo genoem) in Alpha-golwe te kry en dan saam met die klasonderwyser hul gedrag, gesindheid, akademiese- sowel as sportprestasies oor die jaar te monitor.

 

Enige onderwyser of ouer is baie welkom om hierdie 15-20 min. klasoefeninge by te woon.

 

REDENAARSKURSUS:

Inskrywings vir die redenaarskursus, eerskomende Vrydag sluit op Woensdag, 3 Februarie 2010.  In die kursus sal ouers duidelike riglyne ontvang wat die vereistes moet wees waaraan ‘n toespraak moet voldoen.

 

IZIGI RHYTHM KUNSWEDSTRYD:

Leeuwenhof Akademie bied vanjaar ons eie kunswedstryd aan wat gefasiliteer word deur Izigi Rhythm.  Die sillabus en voorgeskrewe werk is by die skool beskikbaar.

 

Belangrike datums is soos volg:

  • Inskrywings by ons voorportaal vanaf 8 tot 12 Februarie 2010
  • Kunswedstryd vind plaas vanaf 15 tot 25 Maart 2010
  • Gala aand is 15 April 2010
  • Werkswinkels 8 en 12 Februarie vanaf 17:00 tot 19:00

 

KOUGOM:

Kougom is by die skool verbied.  Help ons asb. met die saak.  Die kougom beland op die grond wat weer op die stoepe en ons klasse se matte ingetrap word.

 

BELANGRIKE DATUMS:

1 en 2 Februarie 2010:       Atletiekuitdunne

2 Februarie 2010:                Tenniswedstryd 0/11

3 Februarie 2010:                Atletiekbyeenkoms – Dr Havinga

4 Februaire 2010:                Tenniswedstryd 0/13

5 Februarie 2010:                Wetenskaptoets – Graad 4 tot 7

Junior Koorkamp (Graad 1 tot 3)

Redenaarskursus

6 Februarie 2010:                Marimbakamp

8 Februarie 2010:                Kunswedstryd Werkswinkel

Skaak: Roedean

 

Leeuwenhof groete

Mnr. Bezuidenhout

 

Neem Kennis


Leeufees.jpg
Leeufees

Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte :

Voorskool – Tercia van Aswegen; Laerskool – Voogonderwysers; Hoërskool – Ruth Vermeulen, ontvangs; Computicket

Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder.  Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar.

Uit ons gallery

Leeuwenhof Hoofde

  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow

Nuut in ons gallery

055
Soogdiere (11)
055
2010_u16 golden lionschamps4
Rugby (5)
2010_u16 golden lionschamps4
klankemodeperade46
Augustus Akademie (41)
klankemodeperade46

Internet Browsers gebruik

Total Top:
46%Internet Explorer 6.0
24%Internet Explorer 8.0
14%Internet Explorer 7.0
4%Safari 533.17.8
3%FireFox 3.6.8

Aangedryf deur Joomla!. Designed by: Free Joomla 1.5 Template, ecommerce web hosting. Valid XHTML and CSS.