logo


Home Alle Skole Voorskool Nuusbriewe Voorskool Nuus 2
Voorskool Nuus 2 PDF Afdruk E-pos
Voorskool - Nuusbriewe
Vrydag, 22 Januarie 2010 07:35

Wanneer dit so mildelik reën, vergeet ‘n mens dat dit in ander landstreke versengend warm en droog is.  Dit is dan wanneer die reën as ‘n seën ervaar word en nie as ‘n irritasie nie!  So tussen die druppels deur, verskaf ons graag ‘n bietjie inligting oor ons doen en late:

1.    E-pos: Die administratiewe kantoor is besig om die e-posadresse van al die ouers op die sisteem te laai.  Wanneer die laaiery voltooi is, sal u e-posbriewe van ons ontvang.  Ons sal egter deur die jaar steeds sporadies met u kommunikeer deur van harde kopieë gebruik te maak, daarom is dit nodig dat ons die briewesakkies van die kleuters asseblief altyd beskikbaar moet hê.

2.    Eisteddfod: Die inligting oor die kunswedstryd sal so gou moontlik aan u verskaf word.  Ons is baie dankbaar oor die dienste van die C J Cillié Drama-ateljee, wat Maandag ‘n demonstrasielessie sal aanbied by die skool.  Die drama-ateljee gaan van Maandag af klassies aanbied by die skool, as een van ons buitemuurse aktiwiteite, teen koste.  Hulle sal ook beskikbaar wees om hulp aan kleuters te verskaf, wat aan die kunswedstryd wil deelneem. ‘n Briefie daaroor, sal in die briewesakkies van die kleuters geplaas word.

3.    Buitemuurse aktiwiteite: Verskaffers van hierdie dienste is tans besig om demonstrasielessies vir die kleuters aan te bied.  Ons kinders raak baie opgewonde oor elke aktiwiteit, maar ons kan u verseker dat die entoesiasme na die einde van die jaar toe afneem.  Kies dus versigtig waaraan u kleuter gaan deelneem, aangesien daar 11 verskillende aktiwiteite aangebied gaan word: gholf, tennis, drama, playfit, kindermusiek, ballet, playball, rekenaars, pottebakkers, mininetbal en welpierugby.  Die vormpies vir die aktiwiteite sal in die briewesakkies geplaas word, u kan dan die waarin u belangstel, na die skool toe terug stuur.  Vra gerus, indien u enige inligting benodig!

4.    Oor- en oogtoetse: Ons beveel baie sterk aan dat kleuters wat in gr. 0 is, se oë en ore in hierdie voorskoolse jaar getoets behoort te word.  Dikwels verkeer ons onder die indruk dat ons kinders uitstekend kan hoor en sien, maar daar mag dalk ‘n geringe uitvalletjie wees, waarvan ons onbewus is.  So ‘n uitval kan groot probleme veroorsaak wanneer die kinders met formele leer in gr. 1 gekonfronteer word.  Voorkoming bly beter as genesing!

5.    Makro: Vul asb. die makrovorms in en besorg dit so gou moontlik terug aan ons, sodat ons kaartjies aan u kan verskaf.  Indien u aankope by Makro Edenvale met die skool se kaart doen, kry die skool ‘n gedeelte daarvan, wat weer tot u kindjie se voordeel aangewend kan word.

6.    Oueraand 26 Januarie: Ons beplan om hierdie aand by ons skool in die speelkamer aan te bied, sodat u na die algemene inligtingsessie na u kleuter se klassie kan verdaag, om daar deur u kleuter se onderwyseres ingelig te word oor hul spesifieke klassie.  Dit beloof om ‘n aangename geleentheid te wees, waar u die juffrou en mekaar kan ontmoet en beter leer ken.

7.    In- en uittekenregister: Ons versoek vriendelik dat u asb. die register, wat by die glasdeur in ons speelkamer is, getrou sal teken in die oggend en in die middag.

8.    Tassies: Die kleuters van die boonste klassies moet asb. in die oggend hul tassies onder in die speelkamer plaas en dan in die speelkamer bly, waar die juffrou aan diens hul besig sal hou met interessante aktiwiteite.  Hul sal ook in die middag hul tassies op dieselfde plek plaas.  Indien kleutertjies onseker voel, gee hul asb. persoonlik aan die juffrou aan diens, of hul eie juffrou af.  Omdat ons busse het wat kinders na die skool bring, is een van ons juffrouens op busdiens en sal dan nie self haar kleuters kan ontvang nie.  Die ander personeel sal dit egter met graagte doen!

9.    Waatlemoenfees: Ons beplan om hierdie lekker aktiwiteit in ons kleuters se buitespeltyd aan te bied, indien dit nie reën nie!  Indien die weer dit toelaat, moet hul asb. op Vrydag 22 Januarie hul swembroeke en handdoeke saambring skool toe, aangesien ons ook ‘n waterwurm sal hê, om vir groot pret te sorg.
10.    Klere: Soos in vorige skrywes versoek, vra ons dat u asseblief u kleuters se klere merk, sodat ons dit aan hul kan uitdeel.  Hier lê reeds die pragtigste nuwe skoene en ons weet nie aan wie dit behoort nie!

Baie dankie vir u wonderlike ondersteuning!

Vriendelike groete!

Wilna van Rooyen en die  Voorskoolpersoneel.


Wanneer jy God opreg bedank het vir elke seën wat jou toeval, sal daar weinig tyd oorbly om te mor en te kla.-Hanna More
Dankbaarheid is om bly en verwonderd te dink aan die Gewer en sy gawes. -Herman Mertens

 

Neem Kennis


Leeufees.jpg
Leeufees

Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte :

Voorskool – Tercia van Aswegen; Laerskool – Voogonderwysers; Hoërskool – Ruth Vermeulen, ontvangs; Computicket

Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder.  Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar.

Leeuwenhof Hoofde

  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow

Nuut in ons gallery

047
Soogdiere (11)
047
2010_u16 golden lionschamps5
Rugby (5)
2010_u16 golden lionschamps5
klankemodeperade81
Augustus Akademie (41)
klankemodeperade81

Internet Browsers gebruik

Total Top:
46%Internet Explorer 6.0
23%Internet Explorer 8.0
16%Internet Explorer 7.0
4%Safari 533.17.8
3%FireFox 3.6.8

Aangedryf deur Joomla!. Designed by: Free Joomla 1.5 Template, ecommerce web hosting. Valid XHTML and CSS.