logo


Home Alle Skole Laerskool Nuusbriewe Laerskool Nuus 1
Laerskool Nuus 1 PDF Afdruk E-pos
Laerskool - Nuusbriewe
Donderdag, 14 Januarie 2010 07:00
Baie welkom terug aan die begin van 2010.  My verwagting vir ons pragtige skool, is saamgevat in Deuteronomium 28:1-13 met die wense dat ons elke dag die oorvloed van ons Hemelse Vader sal ervaar.

Hartlik welkom aan die ouers en leerders wat vanjaar vir die eerste keer by ons aangesluit het.  Ons vertrou dat u baie gelukkig by Leeuwenhof Akademie sal wees en positief sal inskakel by die skoolgemeenskap.

Ons skool het volle vertroue dat ons weer opnuut in 2010 sal kan staatmaak op ons ouers se positiewe gesindheid, samewerking en ondersteuning wat ons skool uniek maak.

Die Wêreldbeker sokker toernooi 2010 in Suid-Afrika is buitengewoon en besonders.  Ons skool sal die wêreldgebeure by ons kurrikulum integreer.

GELUKWENSING: Baie geluk aan die Hoërskool met goeie matriekuitslae.  Ons matrieks van 2009 het ‘n 100% slaagsyfer met die IEB eindeksamen behaal.

BEMARKING: In 2010 klim ons skool uit die boks en skud hand met ‘n nuwe koerant in Alberton, Tame Times.  Leeuwenhof Akademie tree in ‘n media – vennootskapverhouding met Tame Times.  U sal ‘n skrywe ontvang wat u volledig inlig, sodat ons die vennootskap ten volle kan ondersteun.

NUWE LEERKRAG: Baie welkom aan Willem Jacobs, van Laerskool Pietersburg – Oos wat by ons skool aangestel is vir die onderrig van Wiskunde in graad 5.

OUERAANDE:
•    19 Januarie 2010 – 18:30    Graad 1 Inligtingsaand
•    20 Januarie 1010 – 18:30    Graad 2 tot 7
•    23 Januarie 2010 – 9:00    Leiers ouervergadering

Al die oueraande vind plaas in die skoolsaal.

BOEKSKENKING: Tydens die oueraand sal daar ‘n boekuitstalling van vakliteratuur in die voorportaal van die skoolsaal wees.  By die geleentheid wil ons die ouers vriendelik versoek om ‘n boek aan die Mediasentrum te skenk.  U kind se naam sal erkenning ontvang deur ‘n plakker met sy / haar naam en van daarop, voor in die boek.

U ondersteuning sal waardeer word.  Elize van Wyk ons Bibliotekaresse staan aan die hoof van die projek en alle navrae kan aan haar gerig word.

JAARKALENDER 2010: As gevolg van die Wêreldbeker sokker toernooi is staat- en onafhanklike skole in 2010 op dieselfde kwartaalstelsel.

Ons skool se kwartale is soos volg:
Eerste kwartaal:
13 Januarie 2010 tot 26 Maart 2010
Reses:    26 Februarie 2010 tot 1 Maart 2010

Tweede kwartaal:
13 April 2010 tot 9 Junie 2010
Reses:    Geen

Derde kwartaal:
14 Julie 2010 tot 20 Augustus
Reses:    Geen

Vierde kwartaal:
7 September 2010 tot 3 Desember 2010
Reses:    21 tot 25 Oktober 2010

Wêreldbeker sokker begin op 11 Junie 2010.

INTERHUIS ATLETIEK: Eerskomende Maandag, 18 Januarie 2010 word die Interhuis atletiek by die Germiston Stadion (Herman Immelman) aangebied.  Die verwagting en geleenthied is daar dat elke kind kan deelneem.

Die kinders is soos volg ingedeel:
•    Mufasa:     Vanne van A tot H:    Groen broekie en blou hempie
•    Simba:    Vanne I tot P:    Groen broekie en groen hempie
•    Scar:        Vanne van Q tot Z:    Groen broekie en rooi hempie

Ons kinders vertrek met busse na die Germiston Stadion om ongeveer 08:30 en sal ongeveer 16:00 terug wees by die skool.  Ons graad 1 leerders sal reeds 12:00 na die skool terugkeer.  Daar sal die dag eet- en drinkgoed verkoop word.

HUISWERKKLASSE: Huiswerkklasse is beskikbaar vanaf 14:00 tot 16:00. Slegs vir ons busleerlinge en kinders wie se ouers tot 16:00 werk.

KLASINDELINGS: Klasse word jaarliks heringedeel op ‘n hetrogene basis.  Ouers moet asb. nie versoeke rig om kinders te skuif met maats as motivering nie.

SLUITKASSIES: Sluitkassies kan gehuur word teen R100 per kwartaal, of R350.00 vir die jaar.  Sonja Keet sal die nodige reëlings tref en inligting deurgee.  Fondse wat daardeur vekry word, word direk aangewend vir die skoonmaak van die Laerskool se klasse en kleedkamers.

KWARTAALPROGRAM: Die kwartaalprogram van 2010 sal beskikbaar wees op die webwerf, asook afskrifte wat aan u deurgestuur sal word.

BELANGRIKE DATUMS:
18 Januarie:    Interhuis – Atletiek
19 Januarie:    Graad 1 Inligtingsaand
20 Januarie:    Oueraand Graad 2 tot 7
23 Januarie:    Leiers graad 7 – Ouerdag
25 tot 29 Januarie:    Lees en Spelevaluering (Graad 2 7)
30 Januarie: Atletiek Louw Geldenhuys

Leeuwenhof groete
Mnr. Bezuidenhout
 

Neem Kennis


Leeufees.jpg
Leeufees

Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte :

Voorskool – Tercia van Aswegen; Laerskool – Voogonderwysers; Hoërskool – Ruth Vermeulen, ontvangs; Computicket

Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder.  Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar.

Uit ons gallery

Leeuwenhof Hoofde

  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow

Nuut in ons gallery

055
Soogdiere (11)
055
2010_u16 golden lionschamps3
Rugby (5)
2010_u16 golden lionschamps3
klankemodeperade53
Augustus Akademie (41)
klankemodeperade53

Internet Browsers gebruik

Total Top:
46%Internet Explorer 6.0
24%Internet Explorer 8.0
14%Internet Explorer 7.0
4%Safari 533.17.8
3%FireFox 3.6.8

Aangedryf deur Joomla!. Designed by: Free Joomla 1.5 Template, ecommerce web hosting. Valid XHTML and CSS.