Leeuwenhof bied hul jaarlikse Snuitersimfonie aan op 18 Julie om 14:30 in die skoolsaal. Hierdie is nie net ‘n geleentheid wat nie deur musiekliefhebbers gemis mag word nie, maar ook vir kinders om die liefde vir musiek aan te kweek.
Sterkte vir die senior leerlinge wat eersdaags by die Laerskool begin met die eksamen. Indien jy nog onseker is oor wat presies om te leer gaan kyk gerus by Laai -Af Laerskool - Assesering. Daar is ook 'n skakel na die afbekening in die regter oranje kolom met vinnige skakels : Laerskool Assessering en dan Eksamen.
Op 12 Januarie het die groot trekking van die lande vir die Internasionale dag plaasgevind. Elkeen het sy opdrag gekry en elke onderwyser is terug na sy klas om te beplan en voor te berei vir die spesiale dag. Daar is ook geleer…..wat is die geldeenheid, watter taal word daar gepraat en moet die kaart en vlag nie vergeet nie. Ouers het ook betrokke geraak. Daar is besluit hoe die stalletjies moet lyk en wat daar geëet gaan word.
Ons beskik oor 'n besondere toegeruste Rekenaar -sentrum waar leerders die geleenheid kry om in verskeie woordverwerking programme onderrig te ontvang. Leerders by Leeuwenhof is ook bevooreg om in ons Pragtige Multi- media Inligtingsentrum toegang tot die Internet en ander skoolprojekte te he. Die programme help leerders om self navorsing te doen gedurende skooltyd vir take en projekte. (Kliek of foto vir meer foto's)
Tydens klasonderrig is dit belangrik dat leerders self sal bou aan take en projekte om sodoende seker te maak dat dit wel die leerders se vaardighede is wat ontwikkel word. Benodighede word na die klasse gebring waar leerders dan eksperimeteer met vaardighede waar juffrou hulle kan bystaan en raad gee. Die graad 4 leerders bou ywerig aan hul ruimtemanne en gaan eersdaags met hul groeptake in die G.S klasse begin waar hulle 'n skoolomgewing gaan bou! (kliek of foto vir nog foto's)
Baie dankie vir al die harde werk en ure se oefening hierdie kwartaal, ten spyte van akademiese-, kulturele- en sportverpligtinge. Thank you for all your hard work and many hours of practice during this term, in spite of all the academic work, sport and other cultural events.
Die doel van die deelname van die hele skool aan die Revue is om by u kind ‘n verantwoordelikheidsin, deursettingsvermoë en ‘n samehorigheidgevoel te kweek. Dit is ook lekker vir die personeel om betrokke te wees by die afrigting en ons leer mekaar beter ken en lag ook soms lekker oor ons foute. MAAR: Die essensie van die brief is om die volgende sake op u en u kind se hart te druk:
In die Seniorfase.... kook ons letterlik met eksperimente in die Wetenskap klas. Ons is tans besig om fondse in te samel vir ons nuwe Wetenskap Laboratorium, maar dit stuit ons nie om eksperimente in die huidige klasse te doen nie. Me. Boshoff en die Graad 7 leerders eksperimenteer gereeld met proefbuise en chemiese middels. (Kliek of foto vir meer foto's)
Onder luidkeelse vuvuzela-lawaai het die bulle toe die knoop deurgehaak! Baie geluk aan elke bulondersteuner, ons bly trots daarop dat ons Suid-Afrikaanse spanne so wonderlik gevaar het!
Die tyd voor die groot sokkerfees begin het nou enkelsyfers gehaal! Ons moet nou die rugbyklere vir ‘n wyle wegpak en die sokkerhempies uithaal, om hierdie geskiedkundige geleentheid te vier! Laat die vlae wapper vir ons land!
Hiermee bedank ons die spelers en afrigters vir al hul toewyding gedurende die seisoen en sê baie geluk met die uitsonderlike prestasies wat behaal is. Ook ‘n groot dankie aan ons ouers vir die getroue ondersteuning langs die veld.
We would like to thank all the players and coaches for their commitment this season and congratulations on their achievements. To our parents a big thank you for the loyal support next to the field.
Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte :
Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder. Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar.