Ons graad 3 is stadig, maar seker besig om ons gereed te maak vir die nuwe fase in ons skool-loopbaan. Ons bou nie net meer blokkies nie, maar is in staat om volgens ‘n diagram wat vanuit ‘n driedimensionele gesigshoek aan ons voorgehou word, ons ontwerpe te bou. Wie sê ons sal nie gereed wees vir Tesselasies in die Senior fase nie? Hou ons dop.
Leeuwenhof Akademie se Laerskool het vandag hul landsvlae met trots gewapper vir ons eie Hoerskool. Ons is baie trots op hul pragtige prestasies. Die onder 16 Rugby span speel eerskimende Saterdag in die 0/16 beeld kwart finaal. Ons hou duim vas! Die afgelope week het die Hoerskool, nie net ‘n Revue nie maar ‘n uitstaande produksie aangebied! 5 Van hul groepe tree eerskomende Saterdag op in die Staatsteater. Die Laerskool is voorwaar trots op julle!! Dankie vir die mooi voorbeeld! Ons wapper ons vlae hoog!
Die Graad 1 maats het verlede week lekker kom gesels oor hul troeteldiere en dit nogal in Engels! Min het die juffrouens verwag om soveel eksotiese troeteldiere in hulle klasse te verwelkom! Mooi so Graad 1. (Kliek op foto vir meer foto's)
Op Maandag 26 Julie het 'n oom 40 eiers in 2 broeikaste by die Voorskool kom aflewer. Toe ons Woensdagoggend by die skool kom, kon ons ons oë nie glo nie. Omtrent al die eiers was al uitgebroei. Donderdag het die oom weer kom kuier en ons gewys dat 'n kuiken 'n naeltjie het. Daarna kon ons hulle vashou.
Ons het reeds aan ons 2de Liga byeenkoms deelgeneem by Germiston Lake. Leeuwenhof het dit met trots aangebied en ‘n uitstekende uitdaging vir die kinders gestel. Ons kinders presteer baie goed en ons verwag ‘n klomp atlete in die Germiston Landloop Span! Vasbyt! (Kliek op foto vir nog foto's)
Baie geluk aan Veruscha Labuschagne en Hanno Nel wat deurgedring het tot die ATKV Redenaars se landsfinaal! Ons hou al ons duime vas by Leeuwenhof!! Julle is reeds wenners!
Feitlik elke Suid Afrikaner was die afgelope Sokker Wêreldbeker gevul met trots oor die wyse hoe alles verloop het en hoe alles aangebied was. Trots en eenheid het ons harte gevul toe Bafana Bafana tydens die openingswedstryd gelykop speel teen Mexico en ook toe ons die Franse geklop het.
Die Leeufees@Wild Waters 18 September 2010 by Wild Waters in Boksburg. Kunstenaars soos: Kurt Darren, Elizma Theron, Fredi Nest, The Plastic Platoon, Hans Drommedaaris, Ricky Faber, Armand die singende cowboy en sy dansende perd en vele ander. Kaartjies is beskikbaar by die volgende verkoopspunte :
Indien u die kaartjies aankoop by die skool kry u R10.00 afslag per kaartjie en betaal slegs R150 per volwassene en R100 per leerder. Kaartjiekoste by Computicket is R160 per volwassene en R110 vir kinders 3 – 12 jaar.