Kultuur

 

 

Kultuur is ‘n integrale deel van Leeuwenhof Akademie en dit is verweef in die skool se etos en tradisie. Ons werk baie hard om kultuur uit te bou en droom daarvan om dit in 2016 tot ongekende hoogtes te neem.

Die volgende aktiwiteite is in 2016 aangebied:

  • Public Speaking- Speech and Drama College (SA)
  • ATKV Interne Redenaars-
    • Huistaal-ses van ons leerders behaal die top 10 by die semi-finaal.
    • Eerste Addisionele Taal-twee van ons leerders behaal die top 10 by die semi-finaal.
    • Een van ons leerders gaan deur na die Landsfinaal en behaal die top 10.
  • Sanggroep- ons sanggroep tree by verskeie geleenthede by die skool op. Ons het ook by twee geleenthede gemeentes op Sondae bedoek en hul bedien. Die Sanggroep tree ook op by die die finaal van die Varsity Cup waar hul die Volkslied gesing het. Ons neem in 2015 vir die eerste keer deel aan die Conspirito Kunswedstryd en behaal 88%.
  • Eisteddfods-die volgende Eistedfodds word aangebied:
    • Alberton Eistedfodd
    • Allegretto Eistedfodd
    • Teatro Arti Eistedfodd
    • Espressivo Eistedfodd
    • Germiston Eistedfodd
  • Valentynsbal- die tema was “James Bond”.
  • Geesvang- Interhoër
  • Spelathon- Een leerder het die eerste plek behaal in die gr8-uitdunrondte.
  • Matriekafskeid
  • CSV-Daar is op Woensdae oggende ‘n CSV periode waar die leerders geestelik gevoed word.

Marimbas- ons Marimbas het by verskeie geleenthede by die die skool opgetree, onder meer op die gr8-inligtingsdag en die Spelathon finale wat hier aangebied is. Hulle het ook by “Pendoring” wat plaasgevind het te Vodaworld opgetree.

 

Musieksentrum-Ons leerders val in by die musieksentrum by ons laerskool onder leiding van Mnr. Kobie Pretorius.

Vasvra-dit het intern op Donderdae oggende in registerklas formaat plaasgevind. Die wenner is dan tydens opening die volgende oggend aangekondig.

  • ATKV-Jeugtak.
  • Mnr. en Mej. Leeuwenhof- Dit is ‘n spogaand waar ons leerlinge pronk op die verhoog met allerlei uitrustings. Werklik iets om na uit te sien!

Die bogenoemde aktiwiteite word in 2016 ook aangebied. Bykomend in 2016 is ook die volgende aktiwiteite:

  • Revue-uittreksels tydens die Twintigjarige Fees. Revue oefeninge vir 2017.
  • Tiener toneel- Ons sien baie daarna uit!