Leeuwenhof Akademie – Hoërskool:
Leeuwenhof is die “Tuiste van Uitnemende Akademie” deur die volharding, toewyding en positiewe ingesteldheid van ons bekwame en ervare personeel, streef ons daarna om elke leerder voor te berei vir die lewe na skool. As ‘n skool wat van parallelmedium onderrig gebruik maak streef ons daarna om elke leerder voor te berei vir die lewe na skool. Vir leerders om holisties te Ontwikkel, is buitemuurse aktiwiteite belangrik. Ons gee graag leerders die geleentheid om hulleself op verskeie gebiede te ontwikkel en uit te leef.




Leeuwenhof Akademie is geregistreer by ISASA asook by die IEB. In die Hoërskoolfase bied ons die beste van twee wêrelde. Met Engels as wêreldtaal, is ons Parallelmedium, Afrikaanse- en Engelse onderrig, met ‘n groot hoeveelheid Afrikaanssprekendes wat die engelse onderrig kies. Klasse is klein en die klasatmosfeer bied die geleentheid waar leerders gelei word deur hoogs gekwalifiseerde onderwyskorps om te ontdek, verstaan en toe te pas. Ons hoof taal op die terrein is tradisionele Afrikaanse, moderne gemeenskap, Afrikaanse tradisies, streng dissipline en ’n christelike grondslag met ‘n sterk moderne Christelike Studente Vereeniging. Beslis die wenresep by Leeuwenhof Akademie.




Golden Key Toekenning:
Die Golden Key International Honours Society vereer elke jaar studente wat onder die top 15% in hul studierigting val by hulle onderskeie universiteite.
Ons is baie trots op ons leerders wat elke jaar hierdie toekenning kry.
Golden Key Toekenning 2020
Ons wil graag die volgende oud leerlinge gelukwens met hierdie puik prestasie vir die akademiese jaar van 2020:
Golden Key Toekenning 2019
Ons wil graag die volgende oud leerling gelukwens met hierdie puik prestasie vir die akademiese jaar van 2019:
Golden Key Toekenning 2018
Ons wil graag die volgende oud leerling gelukwens met hierdie puik prestasie vir die akademiese jaar van 2018:
Matriekuitslae oor die Jare:
Matriekuitslae 2021

Matriekuitslae 2020

Matriekuitslae 2019

Matriekuitslae 2018

Matriekuitslae 2017

Sedert 1996 tot 2012 het Leeuwenhof Akademie in die Kleinskoleliga geval. Ons het van sterkte tot sterkte gegroei, hare geroskam, ‘n kopskuif gemaak en opgeskuif na die Mediumskoleliga. Met rugby spog ons gereeld as Goue Leeus Kampioene en dring ook jaarliks deur na die Virseker Trofee kampioenskappe. Ons spog ook jaarliks in Netbal by die ISASA-deelname en eindig gereeld onder die top drie. Goeie en gesonde kompetisie heers onder ons ander sporte: Hokkie – ligawenners, atletiek, krieket, skaak en landloop. Ons leerders neem ook deel aan Klubgholf en Klubperdry. Daar word ook elke 3de jaar ‘n sporttoer aangebied.




Hiermee ons ligas waarin ons deelneem:
Rugby: Goue Leeus Hoërskole Rugby Liga – Afdeling 3.
Netbal: ISASA
Krieket: Speel in die Evergreen T20 Reeks
Hokkie: Seuns – Afdeling 1 (1ste Devision League) / Meisies hokkie
Atletiekkampioenskappe – D17
Landloop: D17
Atletiek Netballiga Krieket Atletiek
Netbal PUK 16 Hokkieliga Atletiekfiksheid Krieket
Hokkie PUK 16 Rugbyliga Landloop
Rugby PUK 16 Skaak Perdtyklub
Skaak PUK 16 Perdryklub Rugby Virsekertrofee
Perdryklub Gholfklub Skaak
Krieket Sporttoer / Kamp
Kultuur:
Leeuwenhof Akademie fokus op totaliteitsontwikkeling en beskik oor ‘n verskeidenheid van aktiwiteite op kultuurgebied. Die hoërskool bou op die laerskool se mengelmoes van prutpot op ‘n tienertrand, altyd iets vir elkeen.
Aktiwiteite roteer jaarliks soos die jaarprogram dit toelaat.
KULTUUR |
---|
ATKV Redenaars – Interne-, Streek- en Nasionale deelname |
ATKV Spelathon |
ATKV Jeugtak – kombersprojek, skryfbehoeftesprojek, blikkieprojek |
Public Speaking |
CSV en jaarlikse CSV Kamp |
Sanggroep |
Marimbas |
Toneel / Produksie – Kultuuraand |
Mnr en Mej Leeuwenhof |
Lentebal / Maskerbal |
Valentynsbal |
Fotografieklub |
Talentkompetisie |
Uitreikaksies / community services – CANSA Relay |
Revue – elke 3de jaar |
Europese Kultuurtoer – elke 3de jaar |
Leeufees – tradisionele kultuurdag vir die hele skool met aktiwiteite |
Groentjiekonsert |
Opvoedkundige uitstappies |
Damestee / Pa & Seundag / Gaskunsternaarsoptrede |
BUITESKOOLVERBAND |
---|
Erkenning word gegee aan die volgende : |
Kunswedstryd: Eisteddfod van verskillende dorpe, Conspirito, Vivarte, SATCH, SAATME |
MUSIEKSENTRUM |
---|
Leeuwenhof Akademie het sy eie musieksentrum wat onderrig verskaf teen ‘n addisionele koste in die volgende disciplines: |
Klavier |
Blokfluit |
Klawerbord |
Musiekteorie |
Viool |
Kitaar |
Vokaal |




Nuus:
Johann du Toit
Johann du Toit. Oud Leeuwenhof Adjunkhoof van 2012. Johann het twee Goue medaljes gewen in sy ouderdomsgroep by die SA Masters vir Diskus en Gewigstoot. Hy kwalifiseer vir SA Kleure in beide in sy nuwe [...]
Hoërskole S.A. Atletiek Kampioenskappe
Hoërskole S.A. Atletiek Kampioenskappe Baie geluk aan Clarissa en Megan wat puik presteer by die S.A. Atletiek Kampioenskappe. Clarissa behaal 'n 1ste plek in diskus en 'n 3de plek in die gewigstoot. [...]
Leeuwenhof wen die Interhoër!
Leeuwenhof wen die Interhoër! Met die atletiekseisoen wat moeilik afgeskop het, met byeenkomste wat uitreën slaag die die hoërskool daarin om die Interhoër te wen. Dié prestasie is ook in 2016 behaal. Leeuwenhof is as [...]
Matriekafskeid 2021
Matriekafskeid 2021 Livestream links vir Die Matriekafskeid 2021 begin om 16:15 op 8 Oktober 2021 http://www.leeuwenhof.co.za/hoerskool-livestream/ https://youtu.be/22ArfR1E-Bc Face Book van Leeuwenhof https://livestream.com/baruchmedia/leeuwenhofhoerskool Matrieks kom in tussen 16:30 en 18:30 [...]
Hoërskool: 1ste Krieketspan 2021
Hoërskool: 1ste Krieketspan 2021 Hoërskool: 1ste Krieketspan 2021 – Oorhandiging van oortruie Ons wens elke speler geluk met hulle verkiesing tot die 1ste Krieketspan. Sterkte vir die seisoen wat voorlê. [...]
Ons Personeel: