Hoërskole S.A. Atletiek Kampioenskappe

     

Baie geluk aan Clarissa en Megan wat puik presteer by die S.A. Atletiek Kampioenskappe. Clarissa behaal ‘n 1ste plek in diskus en ‘n 3de plek in die gewigstoot. Megan slaag daarin om 1ste te eindig in die 100m, 200m en aflos. Ons is baie trots op julle!