Hoekom moet kinders en kleuters beweeg??

  1. Die Vestibulêre sisteem:

Dit ontwikkel 12-14 weke na bevrugting en het die grootste invloed op alle mense se alledaagse lewens.

Die sisteem is in die binne oor geleë en speel ‘n rol in alle bewegings en balans aktiwiteite van die liggaam.

Vir die sentrale senuweestelsel om so te ontwikkel om hoër kognitiewe funksies (breinfunksies) te verrig  met goeie motoriese beplanning moet die vestibulêre sisteem goed ontwikkel wees en reg werk.

2 Propriosepsie:

Dit is die reseptore in die spiere,gewrigte en bene wat mens bewus maak van jou liggaamsposisie en hoe dit beweeg. Om te kan voel as iemand aan jou druk, of dat jou bene reguit is sonder om dit te sien.

Liggaamsbewustheid ontwikkel a.g.v goeie propriosepsie.

3 Die tassintuig:

Dit word die vroegste ontwikkel in die fetus.

Inligting soos temperatuur, druk, vorm grootte ens. word deur die vel waargeneem.

Aktiwiteite vir vestibulêre ontwikkeling:

   Balans en ruimtelike orïentasie word hierdeur ontwikkel.

Vlieg soos ‘n vliegtuig:

 Beweeg vorentoe en agtertoe, wieg heen en weer, rol heen en weer, beweeg op en af.

Doen dit stadig en saggies aan die begin, maar verhoog die intensiteit soos die kind ouer word.

Ry karretjie in ‘n boks:

 Sit baba of kleuter in ‘n boks. Sit die boks op ‘n handdoek en sleep die wêreld vol.

Parkeer jou boks met “moeite” in ‘n klein spasie,

ry lang ente vorentoe, ry agteruit, ry af teen gras hellings,

trek vinnig weg, stop skielik, trek met ‘n groot “gespin” weg,

ry onderdeur die koffie tafel, sit vas in modder, gly op ‘n nat

pad, “kap s’e”, ens. Deur al hierdie ontwikkel die kind balans

en die vestibulêre sisteem.

Swaai en draai in die rondte:

Sit saam met die kind op ‘n swaai. Draai in die rondte , swaai vorentoe en agter toe. Nie net in een rigting. Begin altyd eers rustig, maar verhoog die intensiteit soos die kind gemaklik voel.

Aktiwiteite om propriosepsie en tassintuig te ontwikkel:

 Kinders leer eie liggaamsbewustheid deur bewegingoefeninge teen weerstand.

 

  • Draai lyfie styf toe in ‘n kombers of handdoek
  • Gee stywe drukkies
  • Kind gee speelgoed stywe drukkies
  • Speel diepdruk speletjies. (‘n Olifant loop oor jou…druk met vingers stewig op kind se lyfie)
  • Trek tou met ‘n handdoek of self ‘n sagte tou
  • Stoei met kind op mat
  • Pak kussings op kind en druk saggies daarop
  • Laat kind ‘n waentjie wat swaar gelaai is trek en of stoot
  • Laat kind swaar asblikkies of wasgoed mantjies dra. Selfs inkopie sake( nie met eiers)
  • Speel met klei, grond, sand ( maak sand kastele bak modder koekies)
  • Meng koek deeg vir mamma, rol deeg uit vie koekies
  • Spring op matras en of trampoline
  • Klim en klouter boom of klimraam

Al hierdie speletjies is baie lekkerder as Mamma en of Pappa dit saam met kind doen. Dit bou ook aan goeie verhoudings.

Geskryf deur:

Grietjie Hartley

082 3352535

Share This Post!

Onlangse Bydraes

Kategorieë

Nog Bydraes