Graad 3 Kamp

Die Gr3 leerders het Woensdag oggend sommer al vroeg op die bus geklim gereed vir ñ onvergeetlike toer propvol opwindende besoeke en aktiwiteite! Die eerste stop was by ñ Melkplaas in Harties, en daarna het almal ñ heerlike middagete by Jasmyn se Windmeul geniet! Na ñ interessante besoek by Hartbeespoort Aquarium het die Gr3 leerders uiteindelik hul bestemming bereik – Kwalata!!! Dit was ñ baie suksesvolle en lekker toer vir almal en ons Gr3 leerders was Vrydag weer almal veilig terug by die skool!