Die kuikens kom kuier!

Die sagte “kiep-kiep” geluidjies hoorbaar in die speelkamer beteken net een ding…die kuikens het uitgebroei! Groot opgewondenheid het geheers toe die eerste eiertjie kraak en die Welpies kon nie wag om te sien watter nommer eiertjie eerste sou uitbroei nie!