Voorskool: Instappie
Jan2021-09-18T19:25:02+02:00Voorskool: Instappie Die Welpies is elke jaar ongelooflik opgewonde wanneer die honde kom kuier! Oom Lloyd het ons kleuters mooi geleer hoe ons met ons hondjies tuis moet werk en wat ons kan gebruik om vir hulle ook lekker toertjies te leer! Dazzler, Hero en al die ander hondjies sal verseker nog vir lank in ons kleuters se drome baljaar!
Koekeloer by ons Voorskool
Johan Hartman2021-02-17T09:29:41+02:00Koekeloer by ons voorskool: Ons hier by Leeuwenhof Akademie se Voorskool is trots op die verskeie, opvoedkundige aktiwiteite wat ons aanbied. Hier is ons ook nie bang om tegnologie te benut om al hierdie worderlike aktiwiteite met julle te deel nie. Ons nooi julle hartlik uit om deel te wees van ons wêreld. Klik op die onderstaande portaal en kies n aktiwiteit om by te woon.
Spreker: Dr. Melodie de Jager
Johan Hartman2020-03-09T10:10:16+02:00Spreker: Dr. Melodie de Jager: Die Voorskool was baie bevoorreg om 'n legende in kinderontwikkeling by ons skool te verwelkom om met ons ouers te kom gesels oor die gevare van formele onderrig by die voorskoolse kind! Met haar unieke aanbiedingswyse en haar ongelooflike kennis het Dr. Melodie de Jager elke ouer en onderwyser gemaklik laat voel en ons werklik baie insig gegee in die werking van 'n kleuter se breinontwikkeling! Dit was lekker om net weereens te bevestig dat ons Voorskool op die regte pad is deur formele onderrig te vermy en eerder te fokus op SPEEL, SPEEL, SPEEL! [...]
Wetenskap-instappie
Johan Hartman2020-03-09T10:10:40+02:00Wetenskap-instappie: Wetenskap is wonderlik!Nagemaakte sneeu en borrels vol rook is net 'n paar van die eksperimente wat die Welpies geniet het met ons lekker instappie!
Water- en waatlemoenfees
Johan Hartman2020-03-09T10:11:03+02:00Water- en waatlemoenfees: Die Welpies het vandag baljaar en met elke sintuig iets ervaar! Die reuk en smaak van suikersoet waatlemoen, die gevoel van koel water op hande en voete en die klank van vreugdevolle stemme in die lug! Dit was 'n fees om te aanskou!
Eerste skooldag 2020
Johan Hartman2020-03-09T10:11:33+02:00Eerste skooldag 2020: Wanneer die skoolgebou na ‘n lang stilte gevul word met opgewonde kinderstemmetjies wat lag en gesels kan dit net een ding beteken, die vakansie is verby! Die Voorskool verwelkom elke kleuter en ouer en beloof om 2020 ‘n jaar van pret en plesier te maak!