WAT DOEN JOU KIND SE OOR MET DIT WAT HY HOOR?
Jan2022-05-03T22:30:34+02:00Normale gehoor is noodsaaklik vir normale taal- en spraakontwikkeling vanaf die dag wat ‘n kind gebore is. Daarom word gehoorsifting sterk aanbeveel tydens mamma en baba se verblyf in die hospitaal na die geboorte. Indien ‘n gehoorverlies geïdentifiseer is en intervensie plaasvind tussen 6 en 9 maande oud, is die moontlikheid groot dat die baba dieselfde taal- en spraakuitkomste sal hê as horende kinders. In ontwikkelde lande is die prevalensie van gehoorverlies 3 uit 1000 babas [3], in Suid-Afrika is die prevalensie 6 uit 1000 babas weens die tekort aan dienste in landelike gebiede [1,2]. Normale ouditiewe prosessering is nodig as [...]