Ons gee raad

WAT DOEN JOU KIND SE OOR MET DIT WAT HY HOOR?

2022-05-03T22:30:34+02:00

Normale gehoor is noodsaaklik vir normale taal- en spraakontwikkeling vanaf die dag wat ‘n kind gebore is.  Daarom word gehoorsifting sterk aanbeveel tydens mamma en baba se verblyf in die hospitaal na die geboorte.  Indien ‘n gehoorverlies geïdentifiseer is en intervensie plaasvind tussen 6 en 9 maande oud, is die moontlikheid groot dat die baba dieselfde taal- en spraakuitkomste sal hê as horende kinders.  In ontwikkelde lande is die prevalensie van gehoorverlies 3 uit 1000 babas [3], in Suid-Afrika is die prevalensie 6 uit 1000 babas weens die tekort aan dienste in landelike gebiede [1,2]. Normale ouditiewe prosessering is nodig as [...]

WAT DOEN JOU KIND SE OOR MET DIT WAT HY HOOR?2022-05-03T22:30:34+02:00

Emosionele mederegulering

2022-05-03T22:22:51+02:00

Deur Dr. Elzette Fritz – Opvoedkundige sielkundige Elke ouer is sekerlik al gekonfronteer met ‘n skreeuende, skoppende kind wat alle oë in ‘n winkelsentrum soos ‘n magneet aantrek. Volpunte vir die ouer wat oor die supermag beskik om kalm, rustig en bedaard die vulkaniese oorvloei van emosies gade te slaan en ‘n veilige ruimte vir ‘n kind te skep sonder dat die kind skade aanrig aan die omgewing of die self. So ‘n ouer het moontlik self ‘n liefdevolle verbintenis met ‘n betekenisvolle volwassene as kind ervaar, moontlik beperkte trauma ervaar en/óf baie geld op terapie spandeer ten einde kapasiteit te [...]

Emosionele mederegulering2022-05-03T22:22:51+02:00

Mamma/Pappa weet die beste…

2021-10-04T20:13:41+02:00

Mamma/Pappa weet die beste…of dalk nie….: Tong-in-die-kies lesse rakende ouerskapstyle soos uitgebeeld in Disney en Pixar kinderrolprente Watter tipe ouers, of ouer, stuur hul dogtertjie om alleen deur die woud vir ouma eetgoed te neem? Dalk was die ouers te besig met werksaangeleenthede en om kop bo water te hou dat hulle maar in goedertrou vir Rooikappie na ouma gestuur het. Miskien het hulle gedink sy sal meer onafhanklikheid sodoende aanleer want in hul tyd is kinders op ‘n vroeë ouderdom met volwasse verantwoordelikhede grootgemaak en aan hul eie lot oorgedra. Dit is dus te [...]

Mamma/Pappa weet die beste…2021-10-04T20:13:41+02:00

Kinders en kleuters moet beweeg??

2021-10-04T20:13:48+02:00

Hoekom moet kinders en kleuters beweeg?? Die Vestibulêre sisteem: Dit ontwikkel 12-14 weke na bevrugting en het die grootste invloed op alle mense se alledaagse lewens. Die sisteem is in die binne oor geleë en speel ‘n rol in alle bewegings en balans aktiwiteite van die liggaam. Vir die sentrale senuweestelsel om so te ontwikkel om hoër kognitiewe funksies (breinfunksies) te verrig  met goeie motoriese beplanning moet die vestibulêre sisteem goed ontwikkel wees en reg werk. 2 Propriosepsie: Dit is die reseptore in die spiere,gewrigte en bene wat mens bewus maak van jou [...]

Kinders en kleuters moet beweeg??2021-10-04T20:13:48+02:00

UITSPRAAK VAN SPRAAKKLANKE

2021-10-04T20:14:06+02:00

UITSPRAAK VAN SPRAAKKLANKE Jong kinders wat spraakklanke verkeerdelik uitspreek, klink dikwels te kostelik!  Byvoorbeeld: “Mamma, waa my looi toene en bou touse?”  (Mamma, waar is my rooi skoene en blou kouse?)    Daar is ‘n ouderdomstydperk waarin hierdie verkeerde uitspraak ouderdomstoepaslik is.  Indien hierdie ouderdom oorskry word, is dit belangrik om hierdie uitspraak te korrigeer, sodat kinders hulself effektief kan uitdruk op ‘n ouderdomstoepaslike wyse sonder frustrasie. Dit is ook belangrik vir skoolgaande kinders om spraakklanke korrek uit te spreek sodat hulle woorde korrek kan skryf en lees.  Byvoorbeeld ‘n kind in graad een wat [...]

UITSPRAAK VAN SPRAAKKLANKE2021-10-04T20:14:06+02:00

SPEL TYDENS TERAPIE

2021-10-04T20:13:57+02:00

DIE BELANG VAN SPEL TYDENS TERAPIE Wanneer ‘n kind verwys word vir spraakterapie, vind ‘n gesprek tussen die ouer en spraakterapeut plaas om te bepaal waaroor die ouer besorg is.  Agtergrondsinligting word ingewin en die spraakterapeut voer ‘n evaluasie op die kind uit.  Indien daar wel uitvalle voorkom word terapie aanbeveel.  Terapie vind dan plaas deur middel van spel! Op die oog af lyk dit dalk net soos speel, maar hierdie benadering word spel-gebasseerde terapie genoem.  Spel-gebasseerde terapie is wanneer ‘n spraakterapeut terapie beplan rondom ‘n spesifieke speelding of speletjie.  Die spraakterapeut skep geleenthede vir [...]

SPEL TYDENS TERAPIE2021-10-04T20:13:57+02:00

Die drie varkies: Lesse rakende trauma

2020-08-18T04:48:18+02:00

Die drie varkies: Lesse rakende trauma Geskryf deur: Dr. Elzette Fritz - Opvoedkundige sielkundige Tel:0833251794 Taalversorging: Linda van Niekerk - Opvoedkundige sielkundige Tel: 0825679156 Daar is verskeie weergawes van die verhaal van die Drie varkies en allerlei interpretasies, gepaardgaande met die syfer “drie” wat verband hou met godsdiens, wiskunde, sielkunde en die heelal. Die vraag wat ek myself moes afvra was of die varkies oud genoeg was om in die wye wêreld in te gaan, met die verwagting om na hulself om te sien toe Mamma Vark nie meer vir hulle kon sorg nie? Ek [...]

Die drie varkies: Lesse rakende trauma2020-08-18T04:48:18+02:00

Het jy en jou kinders al aangesteek? Sê ja!

2020-08-05T13:53:18+02:00

Het jy en jou kinders al aangesteek? Sê ja! Met die huidige Corona-virus wat ons almal in die gesig staar, is een van die vrae wat ons mekaar afvra: “Het jy en jou kinders al aangesteek?” Hopelik kan ons nee sê, maar alhoewel ons alles in ons vermoë doen om onsself en ons kinders veilig te hou in hierdie tyd, is daar ‘n moontlikheid dat ons wel kan aansteek. Hierdie artikel is egter nie ‘n mediese artikel wat handel oor die Corona-virus nie. As spraakterapeut is een van my groot passies [...]

Het jy en jou kinders al aangesteek? Sê ja!2020-08-05T13:53:18+02:00

Sensoriese aktivering by kinders a.g.v Covid-19

2020-07-14T15:20:18+02:00

Sensoriese aktivering by kinders a.g.v Covid-19 Sensoriese aktivering vind plaas indien van ons sintuie---sig, reuk, tas, propriosepsie (bv. Terugvoer van die drukking op gewrigte deur beweging), gehoor - oor of onder gestimuleer word. Die mens se brein funksioneer soos ‘n kragtige, ingewikkelde rekenaar. Jou sintuie dra die informasie vanaf die omgewing na die brein. Die brein interpreteer dan die inligting en vertel jou liggaam hoe om te reageer. Indien daar egter kompeterende sensoriese inligting na die brein deurgegee word, kan die brein dit nie interpreteer nie en die brein “vries” Dit kan aanleiding gee tot [...]

Sensoriese aktivering by kinders a.g.v Covid-192020-07-14T15:20:18+02:00

Elke huis het sy kruis

2020-06-15T09:47:38+02:00

Elke huis het sy kruis: Lesse vanuit Sneeuwitjie en die sewe dwergies. Ons tweede artikel met waardevolle raad en inligting wat in gedagte gehou moet word tydens hierdie tyd waardeur ons gaan. Wetenskap is ‘n konsep wat vir baie ‘n beeld van ‘n oom in ‘n wit jassie agter glasbotteltjies optower, met druppertjies en bunsenbranders en goed wat van kleur verander, maar is dit al wat wetenskap behels? Kan kleuters regtig wetenskap “doen”? Die antwoord is ‘n definitiewe ja. Daardie omie is nie al waaroor wetenskap gaan nie - dit is oral om ons. Dit [...]

Elke huis het sy kruis2020-06-15T09:47:38+02:00

Onlangse Nuus

Kontak ons:

H/V Geldenhuis- en Antonstraat Bedfordview

Tel: (011) 622 1806/7

Faks: (011) 622 1679

Web: www.leeuwenhof.co.za

Go to Top