(011) 622 1806/7 |Kantoorure: 08:00 - 16:00 | E-pos

Laerskool Nuus

Megan Lategan

2019-03-27T11:45:34+00:00

Gauteng Kampioenskappe Atletiek: Ons spog graag met Megan Lategan wat by die Gauteng Kampioenskappe 'n derde plek behaal het in die dogters o/12 150m. Sy is gekies om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel te neem wat 13 tot 15 Maart plaasvind by Germiston stadion. Baie geluk Megan!

Megan Lategan2019-03-27T11:45:34+00:00

Dorps Inter Atletiek

2019-03-25T03:10:50+00:00

Dorps Inter Atletiek: 55 van ons atlete dring deur dan die Dorps-Interlaer waar hulle bou op die uitstekende uitslae van ons interne Interlaer byeenkoms. 34 van dié atlete dring deur na die D17 wat op Donderdag 21 plaasvind.

Dorps Inter Atletiek2019-03-25T03:10:50+00:00

Inter Atletiek

2019-03-25T03:31:14+00:00

Inter Atletiek: Leeuewenhof Akademie bied 'n prag Interlaer byeenkoms aan die jaar onder leiding van Mnr Thys de Villiers. Ons atlete was ń uitlewing van ons strewe na uitnemendheid!Ons is super trots op elke atleet! Die uitslag was as volg: Leeuwenhof Akademie = 484.5 punte Laerskool Oosterkruin = 411 punte Laerskool MW De Wet = 262 punte Bedfordview Primary = 249.5 punte Edenglen Primary = 207 punte  

Inter Atletiek2019-03-25T03:31:14+00:00

Super 8: Atletiek

2019-03-25T03:38:11+00:00

Super 8: Atletiek: Ons atlete het Saterdag aan die Super 8 atletiek byeenkoms deelgeneem en weereens die podium vol gestaan met pragtige uitslae. Alhoewel ons 5de algheel eindig spog ons met ongelooflike individuele prestasies: Beste Gewigstoot seun - Hanré Pilman Beste Verspring dogter - Megan Lategan Beste Naelope dogter - Cindy Pretorius  

Super 8: Atletiek2019-03-25T03:38:11+00:00

Klokseremonie

2019-03-25T02:56:10+00:00

Klokseremonie: Maandag 21 Januarie was ‘n baie spesiale dag by die Laerskool. Al die graad eens asook die nuwe leerders en leiers in die skool, het die geleentheid gekry om die klok te lui as teken dat hulle nou volwaardige Leeuwenhoffers is. Elke leerder wat die klok gelui het, het ‘n stywe handdruk en ‘n boekmerk van Mnr Enslin ontvang. Ons beste wense vergesel elke graad 1 leerder en die nuwe leerders in die skool. Mag daar ‘n huppel wees in elke tree wat hul by ons pragtige skool gee! . [...]

Klokseremonie2019-03-25T02:56:10+00:00

Eerste Skooldag

2019-03-12T14:31:30+00:00

Eerste skooldag: Groot opgewondenheid is in die lug gewees. Afwagting van nuwe vriendskappe, nuwe onderwysers en nuwe klasmaats. Leeuwenhof het 2019 op ʼn hoogtepunt begin. Gesamentlike opening is in die amfiteater gehou en 85 duiwe is losgelaat vir voorspoed en seën vir 2019. ʼn Nuwe tradisie is begin deur ʼn akademiese kers aan te steek as simboliek van ʼn wonderlike akademiese jaar wat vir elke Leeuwenhoffer wag. Hier bou ons in 2019 aan JOU toekoms.

Eerste Skooldag2019-03-12T14:31:30+00:00

Super 8

2019-03-25T03:55:08+00:00

Atletiek: Leeuwenhof eindig 3de by die Super 8 Atletiek. Met uitstekende individuele prestasies naamlik: Andrea Laubscher is aangewys as die beste verspring atleet vir die dag. Emile Pretorius is aangewys as beste middelafstand atleet. Rugby: Leeuwenhof se seuns presteer goed by die Super 8. Die o/10 rugbyseuns word dan as naaswenners in die eindstryd gekroon. Netbal: Die o/12 is as naaswenners by die Super 8 aangewys. Redenaars: Leeuwenhof se redenaars eindig algeheel derde. Ons sien baie uit na die 2019 seisoen en glo en vertrou dat [...]

Super 82019-03-25T03:55:08+00:00

Krieket

2018-10-16T06:01:28+00:00

Suid Oosrand Krieket (SOR Krieket): Twee van ons afrigters, Mnr Ruaan Taljaard en Mnr Ashlé van Aard word aangewys as Suid-oosrand afrigters.   Die 0/11, 0/12 en 0/13 krieketseuns neem deel aan die Suidoos Rand krieketproewe. Die volgende leerlinge word opgeneem in die onderskeidelike spanne: 0/11 SOR-Span: Quan van der Merwe, Martin Koen 0/12 SOR-Span: Kilian van Jaarsveld, Martin Williams, Dillon Fourie, Keagan Benecke. 0/13 SOR-Span: Emile Pretorius. [...]

Krieket2018-10-16T06:01:28+00:00

Landloop

2018-10-16T06:02:17+00:00

Landloop: Gedurende die D17 byeenkoms behaal Emile Pretorius ‘n tweede plek en dring deur na Gauteng Kampioenskappe. Tydens die Gauteng Kampioenskappe behaal Emile weereens ‘n tweede plek en dring deur na die SA Kampioenskappe waar hy ‘n 11de plek behaal.  

Landloop2018-10-16T06:02:17+00:00

Swem

2018-10-16T06:03:14+00:00

Swem: Chloë Barnard ons skool se swemmer neem deel aan die Midmarmyl met ‘n baie goeie tyd.   Quan van der Merwe  het op 15 April 2018 deelgeneem aan CGA se level 2 kampioenskappe Hy het gekwalifiseer vir: 200m Borslag 100m Vlinderslag – (Goue Medalje), 200 m Vryslag 100m Rugslag 200 m IM, 200 Rugslag en 100m Borslag 50m Vryslag 100m Vryslag 50m Rugslag

Swem2018-10-16T06:03:14+00:00

Onlangse Nuus

Kontak ons:

H/V Geldenhuis- en Antonstraat Bedfordview

Tel: (011) 622 1806/7

Faks: (011) 622 1679

Web: www.leeuwenhof.co.za