CARINA DIEDERICKS-HUGO BESOEK LEEUWENHOF

Leeuwenhof het die nuwe termyn sommer behoorlik afgeskop met ‘n opwindende Lapa boekverkoping asook ‘n besoek deur die bekende en gewilde kinderboekskrywer,Carina Diedericks-Hugo, op Vrydag 5 Mei.

Carina is die skrywer van die bekende Thomas@-boeke wat deur kykNET verfilm is.

Graad 3-7 leerders het die geleentheid in die Laerskoolsaal bygewoon. Leeuwenhoffers is weggevoer na ‘n ander wêreld…die ongelooflike avonture van Thomas en sy maats. Die leerders het aan Carina se lippe gehang en het entoesiasties en met totale oorgawe deelgeneem aan die praatjie. Die teleurstelling was groot toe die einde aanbreek! Agterna was daar geleentheid om Carina persoonlik te ontmoet terwyl sy haar boeke vir leerders geteken het.