BOEKESKENKINGS AAN DIE MEDIASENTRUM

Vir Leeuwenhof se bibliotekaresse, Me Elize van Wyk, was die eerste skooldag vol vele verrassings. Twee Graad 7 leerders, Cézanne Britz en Almarie Stoltz het die nuwe skooljaar met ‘n knal laat afskop deur elkeen ‘n fantastiese boekeskenking aan die mediasentrum te maak. Die boeke is van hoogstaande gehalte en onder andere van die gewildste reekse soos The Dork Diaries, Diary of a Wimpy Kid, Thomas.net en Nancy Drew-reekse. Beide dogters het in die verlede reeds talle boeke geskenk en soos die gebruik by Leeuwenhof is, sal daar ‘n skenkingsplakker met hul naam en jaartal daarop voor in elke boek aangebring word.

Me Van Wyk wil hiermee ook Leeuwenhof se groothartige ouers bedank vir elke boek wat deur hulle geskenk word. Dit word opreg waardeer en dra by tot die hoogstaande gehalte van dié fasiliteit wat intensief gebruik word en wat lewenslank leerders se kennis uitbrei en ‘n liefde vir lees skep.