(011) 622 1806/7 |Kantoorure: 08:00 - 16:00 | E-pos

Leeuwenhof

About Leeuwenhof

This author has not yet filled in any details.
So far Leeuwenhof has created 18 blog entries.

Wetenskapdag

2018-10-07T17:49:08+00:00

Wetenskapdag: Wat ‘n hoogtepunt! Ons doen weekliks wetenskapeksperimente, maar tydens die Wetenskapweek, het ons groot gegaan! Op Wetenskapdag het ons 28 eksperimente aangebied en ons maatjies kon wetenskap in aksie ervaar!

Wetenskapdag2018-10-07T17:49:08+00:00

Troeteldiere

2018-10-07T13:35:00+00:00

Troeteldiere: Daar was gekloek, gekwaak, geblaf en geblaas by die Welpies tydens ons Troeteldiere week! Elke kleuter het ten minste een snaakse diertjie teëgekom met die verskeidenheid troeteldiere wat by die skool kom kuier het!

Troeteldiere2018-10-07T13:35:00+00:00

Poppekas

2018-10-07T13:35:16+00:00

Poppekas: Wanneer Machtelt ‘n poppekas kom aanbied, vibreer die lug van opwinding! Ons maatjies hang behoorlik aan die poppe se lippe!

Poppekas2018-10-07T13:35:16+00:00

Pappa en Mammadag

2018-10-07T13:35:29+00:00

Pappa en Mammadag: Wat is nou lekkerder as om vir ‘n dag in mamma en pappa se skoene (en klere) te baljaar! Elke kleuter het op sy of haar unieke manier ietsie van mamma of pappa uitgebeeld, of dit nou ‘n stoppelbaard, ‘n string krale of ‘n aktetas was!

Pappa en Mammadag2018-10-07T13:35:29+00:00

Laerskool Atletiek hoogtepunte

2018-10-08T06:58:27+00:00

D17: 4 Leerders was deel van die D17 span wat aan die Gautengkampioenskappe deelgeneem het. Interlaer: Baie geluk aan ons atlete se uitstaande prestasies tydens die Interlaer atletiek. Die uitslae was soos volg: Oosterkruin: 391 Leeuwenhof: 381 Bedfordview: 271 Edenglen: 233 Primrose Primary: 64

Laerskool Atletiek hoogtepunte2018-10-08T06:58:27+00:00

Eduvet

2018-10-09T10:17:22+00:00

Eduvet: Eduvet het hierdie jaar ‘n draai by die Welpies gemaak en die kleuters het die geleentheid aangegryp om meer te leer oor ons gunsteling troeteldiere!

Eduvet2018-10-09T10:17:22+00:00

Brandweer

2018-10-09T10:29:05+00:00

Brandweer:Wanneer die brandweer ons besoek, bars almal van opgewondenheid! Om darem ‘n brandweerslang te kan vashou wanneer die water met mening spuit, is ‘n ervaring om te onthou!

Brandweer2018-10-09T10:29:05+00:00

Boeresport

2018-10-09T11:00:44+00:00

Boeresport:As afsluiting vir ons tema, My land en sy mense, word daar jaarliks lekker boeresport gehou! Jukskei, klippieskool en aartappelresies is maar net ‘n paar van die aktiwiteite, waaraan ons op hierdie prettige dag deelneem, en daarna is dit tyd vir lekker vars gebraaide boereworsrolle!

Boeresport2018-10-09T11:00:44+00:00

Schalk Bezuidenhout

2018-10-11T04:56:52+00:00

Redenaarsopleiding: Schalk Bezuidenhout Op Maandagaand, 19 Februarie, het ons ‘n baie geslaagde Redenaarsopleidingsessie met Schalk Bezuidenhout gehad. Hy het waardevolle inligting gegee rakende die voorbereiding, asook die toesprake self. Hoërskool en Laerskoolouers en –redenaarsleerders het dit bygewoon. Ons was ook in die bevoorregte posisie dat sy ma, Greta Bezuidenhout, ook waardevolle insette gelewer het, ook die rol wat die redenaarouers speel.

Schalk Bezuidenhout2018-10-11T04:56:52+00:00

Rugby Nuus

2018-10-11T04:59:58+00:00

Rugby Goue Leeus Wenners: Baie geluk aan die O/15 span en afrigters met jul oorwinning in die GLHRU Finaal wat die afgelope Saterdag plaasgevind het. O/15 wen 24 – 5 teen HS Jan Viljoen.

Rugby Nuus2018-10-11T04:59:58+00:00

Onlangse Nuus

Kontak ons:

H/V Geldenhuis- en Antonstraat Bedfordview

Tel: (011) 622 1806/7

Faks: (011) 622 1679

Web: www.leeuwenhof.co.za