Leeuwenhof Busse

 

 

 

 

 

 

LEEUWENHOF BUSROETE

Dit is Maandagoggend en alles verloop verkeerd by u huis en nou moet u nog die snelweg aandurf om leerders by Leeuwenhof af te laai.  Het u geweet van Leeuwenhof se busroetes?

 

By Leeuwenhof is ons bevoorreg om die volgende busroetes te hê:

BUSROETE

BUSBESTUURDER

Alberton

Simon Maeko

Boksburg Benoni

Frans Molokomme

Bryanston

Jannie Steenkamp

Kempton Park

Lendiwi Qwabe

Greylaan / Heidelberg

John Maposa

Sunward Park

Sam Nkosi

Serengeti

Gift Mosikidi

Vereeniging / Henley /Block House

Thabo Mokuoane

 

Verskillende buskaartjie opsies word aangebied waaruit u kan kies om by u in te pas:

VOLLE TERMYNKAARTJIE:

Indien ‘n leerder elke oggend en elke middag gebruik gaan maak van ‘n bus, is hierdie die aangewese buskaartjie om uit te neem.  Die buskaartjie is vir ‘n termyn geldig en word elke termyn hernu.

OGGEND EN MIDDAG TERMYNKAARTJIE:

Hierdie kaartjie word aanbeveel vir leerders wat slegs in die oggende of middae van die bus gebruik wil maak.  Op die buskaartjie word dit ook aangeteken as slegs oggende óf slegs middae.  Die kaartjie is ook net geldig vir een termyn en moet elke termyn hernu word.

 

WEEKLIKSE KAARTJIE (10 RITTE):

Wanneer ‘n leerder die bus net af-en-toe wil gebruik is hierdie die mees aangewese kaartjie.  Dit het 10 ritte wat gebruik kan word net soos wat dit u pas.  Indien ‘n leerder in besit is van ‘n oggend/middag termynkaartjie en moet dringend die middag/oggend die bus gebruik, kan hierdie kaartjie vir daardie spesiale rit gebruik word. Die kaartjie word elke keer afgemerk deur die busbestuurder soos wat die leerder dit gebruik.

 

Die leerders se veiligheid is baie belangrik en daarom ontvang elke leerder die busreëls aan die begin van die jaar. Leerder teken en handig die dokument weer terug aan die busbestuurder.  Elke oggend en middag word ‘n teenwoordigheidsbusregister afgemerk van leerders wat gebruik maak van die spesifieke bus.

 

Indien u nog enige navrae het, is u welkom om mnr. Uys of me Bothma te kontak.

Buskaartjies word deur me Bothma uitgereik en die buskaartjie word op die leerder se skoolrekening gefaktureer. Aangeheg is die busroetes vir 2017.

Ons vriendelike personeel

Konsert

Die Welpies het gedans, gesing en geskitter by ons jaarlikse konsert! Oud en jonk het die liedjies en danspassies baie […]

Gradeplegtigheid

Op Saterdag, 4 November het ons ‘n pragtige funksie gehou waarby ons Graad 0 leerlinge diploma’s ontvang het! Ons gaan […]

Lees nog meer