2017 MEDIAKOMITEE

Die 2017 Mediakomitee is ten volle opgelei gedurende die eerste termyn om boeke elektronies in- en uit te reik. Hierdie Graad 7 leerders is van onskatbare waarde in die mediasentrum en dit is vir die bibliotekaresse, Me Elize van Wyk, ‘n riem onder die hart dat hulle so pligsgetrou en entoesiasties hul dienste verrig. Op die foto is die leerders as volg:
Voor: Heinz Vogelsang, JP Liebenberg, Jaden Fourie, Carl Janse van Rensburg en Llewellyn van der Merwe. Middel: Almarie Stoltz, Tenielle Bruwer, Clareze Gerber, Dané Krouwkamp, Cézanne Britz en Nicole Martin. Agter: Diaan Beeslaar, Ninke Otto, Chené Erasmus, Karla van Staden en Reuben Devetzis.