Leeuwenhof Hoërskool is 'n skool van uitnemendheid en kwaliteit, van omgee en behoort. Kobus Vermeulen en sy personeel eggo daagliks die sinvolheid van gedissiplineerde, gebalanseerde jongmense. “If it’s to be, it’s up to me”
Laerskool
Leeuwenhof Laerskool is 'n veelsydige skool wat fokus op die kind se ontwikkeling op alle terreine. Hier is elkeen 'n wenner! Johan Bezuidenhout (Uitvoerende Hoof) word geëien aan sy ongelooflike fokus op karakterbou en trots by kinders.
Voorskool
Leeuwenhof Voorskool is 'n skool waar klein welpies groot harte kry en speel-speel gereed word vir die groot skool. Wilna van Rooyen en haar personeel word geken aan hul hart en liefde vir kinders. “Ek staan elke dag in verwondering oor dit wat ‘n kind is.”